Groot hoera vir plaaswagte wat nou weer pligte kan hervat #AgriSA

Loading player...
Plaaswagte gaan uiteindelik voort met hul dienslewering ten opsigte van die patrollering van gebiede, ná n lang opdraande stryd met die regering om dit in die Covid-19-inperkingsregulasies toe te laat. Die patrollering van gebiede deur plaas- en buurtwagte is tydens die aanvang van die nasionale staat van inperking verbied. Die polisie het egter verlede Vrydag 'n direktief uitgereik waarin dit nou in vlak 3 van die nasionale Covid-19-inperkingsregulasies toegelaat word. Tommie Esterhuyse, voorsitter van landelike veiligheid by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, sê daar is groot dankbaar daarvoor en plaaswagte sal onmiddellik voortgaan met hul normale pligte in dié verband. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Esterhuyse gepraat...
8 Jun 2020 8PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min