NWK, produsente pak kosnood in gemeenskappe aan

Loading player...
Honger mense is desperate mense. Daarmee saam het Suid-Afrika al voor die aanvang van die Covid-19-inperkingsregulasies 'n sukkelende ekonomie gehad. Al hoe meer mense begin nou honger ly. Daarmee saam is die regering se inkomstebronne beperk. Die landboubesigheid, NWK se hoof uitvoerende beampte, Theo Rabe, sê die regering se hulpverleningspakkette is ook nie volhoubaar nie. Groot chaos kan verwag word as dié fontein opdroog. Hy sê NWK het daarom besluit om die Landboubesigheidskamer, Agbiz, en Graan SA (GSA) se Agri Waardeketting-verligtingsprojek te ondersteun. Dit behels graanskenkings deur produsente, wat dan na witmieliemeel verwerk word en onder gemeenskappe versprei word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat ...
9 Jun 2020 8PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min