Koue weerstoestande voordelig vir die kersiebedryf

Loading player...
Die verwagte kouefront, wat reeds sy kloue met 'n stewige greep in die Wes-Kaap en Oos-Kaap ingeslaan het, en na verwagting die sentrale binneland vandag tref, kan voordelig wees veral in winterreënvalgebiede waar die droogte sy tol geëis het. Dit sluit gebiede soos die Wes-Kaap en ook gedeeltes van die Noord-Kaap in. Die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher, sê koue toestande hou voordele in vir sekere bedrywe. Hy sê veral die kersiebedryf kan daarby baat. Dit nadat kersieboere nie verlede jaar optimale kersieproduksie-omstandighede kon bereik nie.​ Daarmee saam sal kleinveeboere egter 'n plan moet maak teen die erge koue, wat tog 'n impak op hul diere kan hê.
10 Jun 2020 8PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min