Brandseisoen nou hier in die Vrystaat

Loading player...
Min grootskaalse skade is Woensdag deur verskeie brande regoor die Vrystaat aangerig. Met die kouefront vanaf die Kaap wat nou in die sentrale binneland bibberweer veroorsaak, was daar Woensdag sterk winde. Verskeie grasbrande het in die Mangaung en Matjabeng munisipale gebiede voorgekom. Die algemene bestuurder van die sambreelliggaam vir brandverenigings in die Vrystaat, Johann Breytenbach, sê die grootste brand was in die Thaba Nchu-distrik op trustgrond, maar dit was nie 'n wegholbrand nie ondanks sterk windtoestande. Hy sê die brandindeks was Woensdag in die suidelike gedeelte van die Vrystaat hoog, maar die provinsie het lig daarvan afgekom as die weerstoestande toé in ag geneem word. Hy sê dié veelvuldige brande vandeesweek dui egter daarop dat die brandseisoen nou hier is.
11 Jun 2020 8PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min