GWK veilings en Wildswinkel stel die Veewinkel-toep bekend

Loading player...
GWK Veilings en Wildswinkel het kragte saamgesnoer en hul omvattende kennis in die veilingsbedryf gekombineer om 'n splinternuwe aanlynplatform vir lewende hawe daar te stel. Hulle het die GWK Veewinkel-toep bekendgestel. Willie Meyer, hoof van GWK Veilings, sê dit is 'n platform wat virutele, aanlyn-veeveilings moontlik maak. Dit is gerieflik vir kopers asook verkopers teen 'n verminderde koste in terme van vervoer, tyd en gewigsverlies van diere. Wildswinkel waarvan die vormalige Springbok-rugbyspeler, Victor Matfield, die uitvoerende hoof is, het daarmee saam 'n bewese agtergrond in veilings van wild. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Meyer gepraat.
18 Jun 2020 8PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min