Drakensberger-genootskap bied nasionale veiling aanlyn aan

Loading player...
Onsekerheid oor die aanbieding van die Drakensberger-telersgenootskap se nasionale veiling het daartoe gelei dat dié genootskap alternatiewe wyses ondersoek het om af te wyk van die tradisonele wyse van aanbieding. Henk Delport, adjunkpresident van die Drakensberger-telergenootskap, sê hulle het besluit om 'n aanlyn nasionale veiling te hou. Dié veiling wat oor twee dae plaasvind begin eerskomende Maandag. Hy sê daar is 'n katalogus wat fotos en videos van die diere wat aangebied word, bevat. Dit stel voornemende kopers in staat om dragtige koeie en bulle te besigtig waarin hulle belangstel. Besoek kan ook afgelê word aan verkopers op hul plase om dié diere self te sien. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Delport gepraat.
18 Jun 2020 8PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min