Drakensberger-genootskap hou aanlynveilings

Loading player...
Die Drakensberger-beestelersgenootskap het 'n bedrywige week wat voorlê. Dit is dié genootskap se eerste nasionale stoetveiling, wat aanlyn plaasvind. Daarmee saam word 'n speenkalwer-veiling ook vandag aanlyn aangebied. Dit word deur die nasionale stoetveiling Dinsdag gevolg. Jean van der Merwe, 'n raadslid van dié genootskap, wat verantwoordelik is vir die reëlings rondom dié veilings, sê daar is nog tyd om vir vandag se speenkalwer-veiling, wat op die GWK-Veewinkeltoep aanlyn plaasvind, te registreer. Dié veiling open om 08:00 en daar sal tot omstreeks 12:00 geleentheid wees om te bie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van der Merwe gepraat...
21 Jun 2020 8PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min