Landbou in Vrystaat groei, en verdien meer ondersteuning deur die regering

Loading player...
Aanvalle op plase en kleinhoewes hou 'n groot bedreiging vir landbou in geheel, en voedselsekuriteit in Suid-Afrika, in. Dit is volgens Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse Wetgewer, wat sê die DA se alternatiewe plattelandse veiligheidsbeleid, word op 'n volgehoue grondslag hersien en kan aanvullend tot die nasionale landelike veilighiedsplan wees. Hy meen die regering moet meer in landbou veral in die Vrystaat, belê. Dit is 'n kwessies wat die DA in die provinsiale begrotingsdebat asook die begrotingsdebat vir landbou wil uitlig. Dit sou vandeesweek plaasvind, maar is uitgestel sienende die minister van finansies, Tito Mboweni, 'n nood nasionale begroting Woensdag lewer. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Jankielsohn gepraat...
22 Jun 2020 8PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min