Saai: Suid-Afrika is bankrot gesteel en nou in 'n skuldkrisis

Loading player...
Die skuldkrisis waarin Suid-Afrika hom bevind is 'n groot bron van kommer. Dr. Theo de Jager, die direksievoorsitter van die netwerk vir familieboere, Saai, sê die verwagting dat Suid-Afrika se brutoskuld vanjaar tot R4000 miljard gaan styg, maak die primêre produksiebedryf diep bekommerd. Sy reaksie kom nadat die minister van finansies, Tito Mboweni, in sy nuwe aangepaste begroting, die land se skuldlas goed uitgelig het. Dit is verder deur die Covid-19-pandemie vergroot. Daar word nou verwag dat die ekonomie vanjaar met 7,2% sal inkrimp. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met De Jager gepraat...
25 Jun 2020 8PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min