Agri-Uur 29 Junie Francois Rossouw, Saai

Loading player...
Saai tree toe tot die stryd om tabakverbod op te hef
Die tabakbedryf in geheel asook verbruikers van dié produkte is 'n dubbele slag toegesnou. Dit kom nadat die hooggeregshof in Pretoria bevind het Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), se tabakverbod is in orde. Die Fair Trade Tobacco Industry, Fita, se dringende aansoek om dié regulasies, te verbied, was nie geslaagd nie. Daarmee saam sal 'n soortgelyke aansoek deur tien applikante, waarvan British American Tobacco South Africa(Batsa) die leiding neem, nou eers in Augustus vanjaar aangehoor word. Dit sou eerskomende Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangehoor word. Saai, die netwerk vir familieboerderye, is een van die applikante wat die hofgeding teen, Dlamini-Zuma, die president en die nasionale Covid-19-bevelsraad, dryf. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai gepraat...
28 Jun 2020 12PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min