#VrystaatLandbou: Gebruik veiligheidsmiddele teen aanvalle op plase

Loading player...
Daar was 'n kombinasie van faktore wat 'n rol gespeel het in twee afsonderlike aanvalle op plase onderskeidelik in Ventersbrug en Bethlehem in die Vrystaat die afgelope naweek. 'n Veiligheidsrisiko-ontleder van Vrystaat Landbou (VL), dr. Jane Buys, sê in die Ventersburg voorval Sondag het dit duidelik na vore gekom dat sekuriteitswagte, wat boere in diens neem, 'n groot rol speel. In dié voorval is Mike van Rensburg se veiligheidswag Sondagaand deur vyf mans wat gewapen was aangeval. In die voorval in Bethlehem het Coenraad van der Westhuizen Saterdagoggend wakker geword van geluide buite sy huis. Hy het 'n waarskuwingskoot afgevuur. Buys sê in dié voorval was Van der Westhuizen se veiligheidskamerastelsel ook waardevol. Sy meen dit is juis daarom belangrik om tegnologiese hulpmiddels, wat beskikbaar is, te gebruik. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Buys gepraat...
14 Jul 2020 8PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min