Reën in die Namakwaland help baie, maar droogte in die Noord-Kaap steeds nie gebreek

Loading player...
Daar is groot dankbaarheid oor welkome reën wat die afgelope naweek in talle winterreënvalgebiede asook in enkele somerreënvalgebiede van die Noord-Kaap verligting gebring het. 'n Koufront het die naweek deur die Wes- en Noord-Kaap beweeg en goeie reën het in verskeie droogtegeteisterde gebiede veral in die Noord-Kaap voorgekom. Dié kouefront het nou ook 'n stewige greep in die grootste gedeelte van die sentrale binneland met ysige toestande wat voorkom. Boere in die droogtegebiede van die Noord-Kaap is vol hoop dat dié kouefront wat bibberweer veroorsaak ook nógoeie reën tot gevolg sal hê. Danie Jacobs, Agri Namakwaland se voorsitter, sê daar is groot dankbaarheid vir die afgelope naweek se reën. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
14 Jul 2020 8PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min