Agri-Uur 30 Julie Kobus Laubscher

Loading player...
Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?
EN… Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag, praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher.


(VIR DIE WEB: Hy praat oor die ekonomiese herstel ná die Covid-19-andemie en kollektiewe wyshede wat die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) beskikbaar stel. Dié sewe aspekte is waardevol. Daarin word onder meer uitgelig, hoe die vierde industriële revolusie ingespan kan word, die versterking van streeksontwikkeling, die hervitalisering van globale samewerking, die ontwikkeling van volhoubare besigheidsmodelle, en die herstel van omgewingsgesondheid. Daarmee saam word die herontwerp van sosiale gedrag by wyse van veranderde vaardighede en werkgeleenthede en hoe ekonomiese heropbou aangepak kan word, ook uitgelig.
Hy sê dit is gemene saak dat die pandemie ekonomieë in ‘n selfvernietigende spiraal van inkorting gedompel het, maar terselfdertyd ook gewys het na die voordele van verminderde besoedeling, omdat industrieë of gesluit is of teen halfpas voortgaan met hul bedrywighede.
29 Jul 2020 1PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min