Agri-Uur 30 Julie Joe Scholtz

Loading player...
Agri Noord-Kaap en polisie fokus op knelpunte rakende misdaad

Agri Noord-Kaap bied 'n gevestigde landelike beveiligingsstruktuur in samewerking met die polisie en gemeenskappe se betrokkenheid word aangemoedig. Daarmee saam is enige aanval op 'n plaas of 'n kleinhoewe, asook misdaad in die algemeen in dié provinsie, 'n bron van kommer. Dit is veral as daar lewensverlies is ongeag die rassegroep wat daaronder lei. Dit is volgens Joe Scholtz, voorsitter van Agri Noord-Kaap se komitee vir landelike veiligheid, nadat 'n egpaar wat al vir jare betrokke is by die plaaslike landbougemeenskap, Danie en Elzabie Brand, en hul dogter Elzabie, op 'n kleinhoewe naby Hartswater aangeval, ontvoer en vermoor is. Die gesinslede was sedert Sondag vermis en 'n bekommerde familielid het Maandag onraad vermoed en gevra dat iemand ondersoek op die kleinhoewe gaan instel. Gemeenskapsveiligheidstrukture en die polisie het vinnig daarna 'n soektog van stapel gestuur. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
29 Jul 2020 2PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min