Agri-Uur 12 Augustus Francois Knowles APAC

Loading player...
Talle wette nou van toepassing by aanbieding van veeveilings
Daar is ander wette waaraan voldoen moet word met betrekking tot die aanbieding van die veilings van lewende hawe. Dit is benewens die nuutste aanwysings vir dié veilings, wat onlangs deur die Landbouprodukte Agenteraad, APAC, in samewerking met die regering in die Staatskoerant gepubliseer is. Francois Knowles, registrateur van APAC, sê dié aanwysings het ten doel om veilings doeltreffend te laat funksioneer en die verspreiding van die Covid-19-pandemie te verhoed. Dit voldoen ook aan die Wet op Rampbestuur en dien as 'n riglyn waarvolgens Covid-19-protokol by 'n veiling gevolg moet word OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat oor wat dié Covid-19-protokol behels en oor ander wette waaraan daar voldoen moet word.
11 Aug 2020 2PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min