Agri-Uur 12 Augustus Gerhard Schutte

Loading player...
Rooivleisbedryf in SA wag op bevestiging oor Botswana opheffing van invoerverbod
Die Rooivleisprodusente-organisasie, RPO, stel ondersoek in oor 'n inligtingstuk wat versprei word rakende die departement van landbou in Botswana se opheffing van die verbod op die invoer van gesplete hoefdiere vanaf Suid-Afrika. Die RPO se uitvoerende hoof, Gerhard Schutte, sê dié organisasie kan in dié stadium nie bevestig of dit wel die geval is nie. OFM-nuus wag ook nog op terugvoer vanaf die Suid-Afrikaanse Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling rondom dit. Daarmee saam het OFM-nuus se Christal-Lize Muller by Schutte uitgevind oor die jongste situasie rondom bek-en-klouseer in Limpopo en die prys van lewende hawe wat goed is te midde van die Covid-19-pandemie.
11 Aug 2020 2PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min