Die projek, Boks-voer-vir-'n-Boer, kom uit 'n boervrou van Mpumalanga se hart

Loading player...
Die projek-Boks-voer-vir-'n-Boer is van stapel gestuur nadat 'n inisiatief van dié aard in die hart van 'n boervrou van Mpumalanga gegroei het. Elria Steinberg, van 'n plaas tussen Hendrina en Carolina, se behoefte om hulp aan boere in die droogtegeteisterde Namakwaland en veral die Calvinia-gebied te verleen, het só sterk geword dat sy dit later nie meer kon ignoreer nie. Die projek behels 'n aanlynwinkel waar pakkette vir veevoer beskikbaar is en waarvan weldoeners kan kies. Die pakkette kan dan deur 'n weldoener gekoop word en die geld gaan aan boere, wat reeds geïdentifiseer is vir dié inisiatief. Steinberg sê in dié stadium is daar reeds 11 boere wat hulp benodig in dié verband. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat...
31 Aug 2020 8PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min