Pampoenplanter van Bultfontein-boer blink uit op #NAMPO2020

Loading player...
'n Vrystaatse boer wat bekend daarvoor is om unieke werktuie te vervaardag om veral kleinboere se take in Afrika se produksieproses te vergemaklik het vanjaar op die Nampo Virtuele-handelskou se boereplanne-kompetisie koning gekraai. Michris Janse van Rensburg van die Bultfontein-gebied en die direkteur van die onderneming Backsaver Farming Equipment se pampoenplanter het in die afdeling vir planne met 'n vervaardigingswaarde van minder as R5000 gewen. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
13 Sep 2020 4AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min