#Kunsteklop: Die eerste Vrystaat Klank en Klassik vanjaar aanlyn

Loading player...
Sluit vanaf 1 Oktober by ons aan vir die eerste Vrystaat Klank en Klassik – ‘n nuwe aanlyn inisiatief van die Vrystaat Kunstefees.

Word weggevoer deur van Suid Afrika se beste klassieke musici, in 5 opwindende konserte, elk ingelei deur nuutgeskrewe verbeeldingstories, en dit alles in die gerief van jou eie sitkamer.

Met uitvoerings deur Anneke Lamont, Magdalene Minnaar, die bekroonde Odeion-strykkwartet, die FFSO, die OSM Camerata, en nog vele meer, begelei met voorlesings uit die pen van skrywers soos Jaco Jacobs, Nàomi Morgan, en Ilne Fourie – voorgedra deur Gerben Kamper, Nosana Sondiyazi, Jefferson J Dirks-Korkee, en Hillétje Möller Bashew.

Konserte is aanlyn beskikbaar, elke dag van 1 tot 5 Oktober. Daar is ook daagliks ‘n interaktiewe Facebook Live gesprek waar jy direk met die kunstenaars in verbinding kan tree. Kaartjies is vooraf beskikbaar aanlyn by vrystaatkunstefees.com
1 Oct 2020 English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes