Luister: Wiele2Wiele ry met die Hilux Legend RS-bakkie

Loading player...
Hierdie week kry opgeknap ‘n nuwe betekenis wanneer Wiele2Wiele gaan ry met Toyota se nuwe Hilux Legend RS-bakkie. Hulle gaan saam met Liana Reiners op ‘n Kia-avvontuur, gaan loer in by Powerflow Bellville om te sien wat by hulle op die voertuighysers is, gesels oor die voordele van allooiwiele en oor KTM se nuwe 890 Adventure R-motorfietse.
13 Oct 2020 Afrikaans South Africa Automotive

Other recent episodes

Wiele2Wiele: Mazda, Volvo en Audi onder die loep

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele was daar drie padtoetse: die Mazda CX-30 wat propvol standaardspesifikasies is, die Volvo C40 Recharge wat die koppe laat draai en die Audi Q8 55 TFSI Black Edition met sy treffende swart afwerkings. Verder gee hulle raad oor hoe jy jou swaarvoertuiglisensie kan…
13 Sep 25 min

Wiele2Wiele ry met Audi RS Q8

Hierdie week gaan speel Wiele2Wiele met die Audi RS Q8 - is dit ’n sportmotor of ’n familiemotor? Hulle spandeer ook tyd met die handratmodel van Volkswagen se T-Cross en is aangeneem verras. Volkswagen het ook sy splinternuwe Tayron bekendgestel. Hy is as ’n sewesitplek beskikbaar teen ’n bekostigbare prys,…
5 Sep 25 min

Wiele2Wiele ervaar nuwe MG3

Hierdie week op Wiele2Wiele ervaar hulle die splinternuwe MG3, ’n kompakte luikrug wat beslis aandag gaan trek. Hulle bring ook tyd met die Chery Tiggo 7 CHS deur.
28 Aug 26 min

Wiele2Wiele ry Jaecoo se J7 SHS

Hierdie week op Wiele2Wiele stel Volvo die nuwe EX30 Cross Country bekend. Hulle neem jou saam op ’n Toyota ‘Roots to Routes’-geskiedenisreis en spandeer tyd met die Jaecoo J7 SHS. Verder gesels hulle oor die regte bandkeuses vir jou 4x4-voertuig en raak nostalgies oor 2Wiele met die Suzuki GSX-750 SRAD.
21 Aug 26 min

Wiele2Wiele ry met Omoda se inprop-C9

Hierdie week vir Wiele2Wiele bring hulle tyd met die Omoda C9 SHS, ’n inprop-hibriede model, deur en gaan speel met die Mini Covertible Cooper S. Ford Motor Company of Southern Africa beplan om amper R1 miljard in sy handelaarsnetwerk te belê. Die 'EV’s on Display'-skou in Hermanus was ’n reusesukses…
14 Aug 26 min