Agri-Uur 15 Oktober

Loading player...
Misdaad in die land raak swart en wit mens, meen leierboer
Die misdaadsituasie in die land is 'n probleem wat die breë gemeenskap raak. Dit is volgens Gilly Scheepers, eienaar van die Bloukruin-boerdery en werkgewer van die vermoorde Brendin Horner, wat meen swart en wit mense word deur misdaad geraak. Scheepers het met OFM-nuus se Christal-Lize Muller gepraat nadat polisieminister, Bheki Cele, en die minister van staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo, Brendin se ouers op die plaas waar hulle bly in die Paul Roux-distrik Dinsdag besoek het. Scheepers sê dié besoek aan Robbie en Miekie Horner het goed afgeloop. Hier is Scheepers...
14 Oct 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min