Agri-Uur 19 Oktober Borrie

Loading player...
#BrendinHorner Erediens gehou, terwyl Senekal 'n warreboel is
'n Groot groep mense, waaronder boere, was Vrydag byeen op 'n plaas tussen Senekal en Paul Roux vir 'n gewyde erediens. Dit het plaasgevind terwyl alle oë gevestig was op gebeure in Senekal in die Vrystaat waar twee verdagtes in die landdroshof in Senekal verskyn het in verband met die moord op die jong Brendin Horner op 'n plaas in dié distrik. Mense van oor die land heen het na Senekal opgruk, terwyl 'n groot groep mense op Borrie Erasmus, eienaar van Biddulphsberg , se plaas byeen was. Erasmus sê 'n erediens is gehou op sy plaas en dit is goed bygewoon deur gemeenskappe. Daar was lede van verskeie belangegroepe en landbou-organisasies. Erasmus sê hy het sy plaas beskikbaar gestel nadat hy genader is deur organiseerders, wat hoofsaaklik chaos met die hofverskyning in Senekal wou vermy. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Erasmus gepraat...
18 Oct 2020 10PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min