Agri-Uur Gys Olivier

Loading player...
Jong boer doen ernstige brandwonde op in Hertzogville-distrik

'n Jong boer van die Hertzogville-distrik in die Vrystaat het 40% brandwonde opgedoen in 'n wegholveldbrand wat Sondag in dié distrik ontstaan het. Dié brand het na bewering tydens betogings deur plaaslike inwoners van die township oor waterkwessies, uitgebreek. Gys Olivier, voorsitter van Agri Hertzogville, sê Tewie Nel die seun van dr. Gerhard Nel, wat ook 'n kranige boer in die distrik is, is gister na 'n hospitaal in Bloemfontein gehaas. Volgens Olivier is Tewie in die hoësorgeenheid opgeneem. Hy sê dié brand, het op die R708 onstaan en die vlamme het vinnig in die veld versprei, wat gelei het tot veelvuldige brande wat toe in die rigting van Dealesville, Bultfontein en Hoopstad gewoed het. Boere met hul vuurvegters het tot laat gistermiddag gespook om die vlamme te blus. Hy sê verwoesting is gesaai, met 'n boer se huis en pakhuis met werktuie, wat in die slag gebly het. Boere in dié distrik het groot veeverliese gely en duisende hektaar weiding het afgebrand. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het gisteraand met Olivier gepraat...
19 Oct 2020 10PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min