Mpumalanga gereed vir Eloise

Loading player...
Tropiese storms is onvoorspelbaar, maar Mpumalanga se departement van samewerkende regering sê hulle hou Eloise se ontwikkeling fyn dop.
Die storm sal na verwagting vanaf Sondagoggend baie swaar reën in die Laeveld veroorsaak.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat vloede ‘n moontlikheid is.
Volgens die woordvoerder vir die departement, George Mthethwa, is hulle gereed om die betrokke munisipaliteite se rampbestuur op hoë gereedheidsvlak te plaas sodra verwikkelinge dit noop.
21 Jan 2021 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 3AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 6AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 3AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 3AM 5 min