Agri-Uur: 17 Februarie, Burre Burger

Loading player...
Almal sal die verwoestende brande van 2020 in die Vrystaat onthou. Tesame met baie boere verenigings, individue en finansiële donasies kon die hulpverleningsorganisasie, Droogtehulp met Burre Burger, meer as 300 beeste aflewer in die provinsie in die laaste week. Die organisasie het 'n hulpkreet van die Vrystaat-provinsie se boerderygemeenskap beantwoord. Burre Burger - die organisasie se stigter – sê boere in die Boshoff- en Hertzogville-omgewing het baie diere in die brand verloor. Daarom het hy en ‘n vriend, Werner Boshof, 'n projek genaamd "Borg 'n vers" begin. Die beeste se waarde word tussen R4 miljoen en R5 miljoen geskat.
16 Feb 2021 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 8PM 5 min