Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom van die Vrystaatse Universiteit, praat oor afronding van diere in ‘n voerkraal en antwoord die vraag of dit ‘n goeie idee vir ‘n produsent is om sy eie voerkraal te begin. Hy gee ook die belangrikste oorwegings indien jy dit sou wou doen
Ons doen verslag oor die vyfde Wereldkongres vir Risiko Ontwikkeling en Weerstandigheid in Kaapstad. Prof Victor Wepener verduidelik of Suid-Afrika ‘n krisis beleef of gaan beleef in die korttermyn. Hy vertel ook van belangrike navorsing wat gedoen word.
Die Safex pryse op OFM word moontlik gemaak deur Senwes. ‘n Landboumaatskappy met ‘n geintigreerde besigheidsbenadering, wat deel raak van jou besigheidoplossing. Senwes – breek nuwe grond.
Theo Venter, bekende politieke analis van die NWU Besigheidskool, gee perspektief op vandag se verkiesing. Hy voorspel hoe partye gaan vaar, hoekom daar ‘n moontlike afname in kiesersgetalle gaan wees en beantwoord selfs die vraag vir wie om te stem
Die Universiteit van Pretoria het nuwe navorsing oor selfoontegnologie befonds om die verhouding tussen leeus en mense te verbeter. Inligtings- en kommunikasietegnologie word benut wat die bewegings van leeus kan monitor.
‘n Bekende in sosiale media-kringe, Andre Groenewald praat oor die belangrikheid van data vir landbouers. Hy beantwoord die vraag hoekom data belangrik is en gee perspektief daaroor. Hy gee verder ‘n toekomsvisie op 2050 wanneer die meeste kos ooit nodig gaan wees vir Afrika en hoe daarvoor gesorg kan word.
Die Saffex pryse op OFM word moontlik gemaak deur Senwes. ‘n Landboumaatskappy met ‘n geintigreerde besigheidsbenadering, wat deel raak van jou besigheidoplossing. Senwes – breek nuwe grond.
Vleiskenner, Peter Milton kyk vandag na die jongste vleispryse en –tendense. Milton praat ook oor die invloed van ryp om kuddes in stand te hou. Hy verduidelik ook die konsep van “back grounding”. Hy voorspel ook pryse sal weer herstel in November
Probleme rondom lae melkpryse word die afgelope tyd gereeld in Suid-Arika en Australie bespreek.’n Klein prysverhoging kan ‘n groot verskil aan melkprodusente se inkomste maak
Die tegniek is ontwikkel en werk soortgelyk aan hoe dokters vratjies verwyder. Hoewel dit deur kritici as wreed beskou word, meen produsente dit is beter as wat skape onnodig van siektes vrek
Die President van SA Stamboek, Freddie Wasserfall, vertel van die Prestasie Toetsmetings en Elite toekennings wat verlede week tydens ‘n gala-aand gemaak is. Hy vertel van die besonderse toekenningsaand en die prestasies wat behaal is
Grootpan Studiegroep naby Lichtenburg, het die afgelope naweek die baie gewilde Stroper-resies aangebied. Besoekers het van regoor SA gekom om te sien watter vervaardiger vanjaar as wenner gaan uittree.
‘n Bekende in regslui wat spesialiseer in grondregte, verduidelik vandag die regte en verpligtinge van plaasbewoners en grondeienaars ingevolge die Verblyfregwet. Hy verduidelik verder die implikasies en regte van plaaswerkers as hulle vee sou aanhou.
Die bekende Claude Moller inspireer vandag weer landbouers, produsente, verbruikers en sommer al die luisteraars met sy besonderse motiveringsgedagtes. Vandag deel hy lewenslesse met landouers en gee sy mening oor hoe elke mens ‘n inspirasie vir ander kan wees. Hy brei verder uit oor die huidige uitdagings op die politieke…
2 May 2019 8PM
5 min
4460 – 4480
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.