Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
13,719 Episodes
100 – 120

Inflasie spring tot 3.5%

Johan Gouws, hoof van welvaart-adviesdienste by PPS, bespreek die inflasiekoers en die verwagtinge rondom die Jackson Hole-vergadering.
20 Aug 9AM 7 min

Die Mineraleraad knor vir die nuwe mynbou-wetsontwerp

Die departement van minerale en petroleumbronne het in Mei nuwe mynbouwetgewing bekend gestel wat groot opskudding veroorsaak het. Mzila Mthenjane, uitvoerende hoof van die Minerale Raad, gesels oor waaroor hulle onsteld is en wat die gevolge daarvan sal wees.
19 Aug 9AM 12 min

Markoorsig

Chantal Marx, hoof van beleggingsnavorsing by FNB Wealth and Investments, bespreek BHP Billiton se finansiële resultate en Jubilee wat hul bedrywighede uit Suid-Afrika onttrek
19 Aug 9AM 9 min

MTN staar nog ondersoeke in die gesig

Drikus Combrinck, uitvoerende hoof van Capicraft Investment Partners, gesels oor MTN se finansiële resultate en hoe Suid-Afrika se landbou-uitvoere vaar.
18 Aug 10AM 8 min

Dié KI-bot kan kuberskelms op hulle plek sit

Pieter Geldenhuys, toekomskundige en direkteur by die Instituut vir Tegnologie Strategie en Innovasie, gesels oor 'n nuwe innoverende manier om bedrog te bekamp en hoe dit werk.
18 Aug 8AM 4 min

Absa skop stof in Nedbank en Standard Bank se oë

Absa Bank het vandag winssyfers bekend gemaak en die groep het sy wesensverdienste vir die eerste ses maande van die jaar met 17% opgestoot. Die finansiële direkteur Deon Raju, bespreek die resulatate en die atmosfeer by Absa na direksie skuiwe.
18 Aug 8AM 10 min

Vroue moet mooi oor die aftreegaping trap

Navorsing toon dat vroue dikwels met minder geld as mans aftree. Jaco van Tonder, direkteur van adviseursdienste by Ninety One, verduidelik hoe vroue oor die aftreegaping kan trap.
18 Aug 8AM 9 min

Kenners antwoord luisteraarsvrae

Mia Kriegler, direkteur van batebestuur by Kruger Internasionaal en Andries Nel, direkteur van welvaartbestuur en adviesdienste by Kruger Internasionaal, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
15 Aug 8AM 15 min
100 – 120