Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
14,415 Episodes
160 – 180

Daar is verskeie dinge wat in die motorbedryf krap

Peter van Binsbergen, uitvoerende hoof van BMW Suid-Afrika, gesels oor die impak van Chinese en Indiese motors op die Suid-Afrikaanse bedryf, en wat die regering se planne om hoër invoertariewe op Chinese motorinvoere te plaas, kan beteken.
3 Feb 8AM 10 min

FIS kan dalk gou leefstyloudits doen

Adv. Pieter Smit, waarnemende direkteur van die Finansiële Intelligensiesentrum, verduidelik wat alles van die FIS verwag sal word en wat só ’n leefstyloudit sal behels.
3 Feb 8AM 10 min

Markte spring terug na 'n paar rooi dae

Chantal Marx, hoof van beleggingsnavorsing by FNB Wealth and Investments, gesels oor die rand se beweging, kommoditeitspryse, Zeder se hoër aandeelprys en Suid-Afrika se minimumloon.
3 Feb 8AM 10 min

Kenners antwoord luisteraarsvrae

Corné Welman en Lee-Ann Whitehead, welvaartbeplanners by Portfolium, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
30 Jan 7AM 16 min

Onderstepoort sukkel om entstowwe te maak

Dr Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), gesels oor Suid-Afrika se plaaslike vervaardiging van diere-entstowwe en wat dit vir die land se landbou en ekonomie beteken.
30 Jan 7AM 6 min

Huise is te duur en te min in Suid-Afrika

Renier Kriek, besturende direkteur van Sentinel Homes, deel sy mening oor waarom bekostigbare behuising afhang van ’n vinniger uitbreiding van die aanbod en nie van prysregulering nie.
30 Jan 7AM 7 min

Die beurs, rand en goudprys sak skerp

Amelia Morgenrood, aandelemakelaar by PSG Wealth Faerie Glen, gesels onder meer oor die plaaslike beurs, die goudprys, die silwerprys en die land se fiskale posisie.
30 Jan 7AM 11 min
160 – 180