Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
13,719 Episodes
220 – 240

“SA se bek-en-klouseer stelsel werk nie” – Steenhuisen

Dewald Olivier, uitvoerende hoof van Red Meat Industry Services (RMIS), bespreek die minister van landbou, John Steenhuisen, se kommentaar oor die reaksiestelsel op bek-en-klouseer, en hoe lank dit sal neem om die uitbreking onder beheer te kry.
22 Jul 8AM 8 min

Telekommunikasie-spelers spring stil-stil

Chantal Marx, hoof van beleggingsnavorsing by FNB Wealth and Investments, gesels oor goeie nuus uit China, die plaaslike telekommunikasiemaatskappye se goeie lopie, en Sasol se handelsverslag.
22 Jul 8AM 9 min

JSE mik na 100000 punte

Theo Vorster, medestigter van Galileo Capital, verduidelik wat Suid-Afrika se aandelemark dryf en hoe negatiewe nuus die waardasie van plaaslike maatskappye beïnvloed.
21 Jul 9AM 6 min

Kenners antwoord luisteraarsvrae

Corné Welman, welvaartbestuurder by Portfolium en Elke Brink, direkteur by PSG Wealth R21, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
18 Jul 8AM 16 min

Markte is gierig in onsekere tye

Mia Kriegler, direkteur van batebestuur by Kruger Internasionaal, gesels oor die markte se reaksie op gerugte dat Donald Trump vir Jerome Powell wil afdank, asook oor Sasol se aandeelprys
17 Jul 10AM 7 min

FlySafair- vlieëniers kry groen lig om te staak

Kirby Gordon, bemarkingshoof van FlySafair, gesels oor die verhouding tussen vlieëniers en die lugredery, hoe ernstig die ontwrigtings sal wees indien daar ’n staking plaasvind, en sê dat hulle vol vertroue is dat daar binnekort 'n ooreenkoms bereik sal word.
17 Jul 8AM 9 min
220 – 240