Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
13,719 Episodes
240 – 260

Ryk drink koffie met Wilhelm...

Wilhelm Hertzog, portefeuljebestuurder by Rozendal Vennote, gesels oor sy agtergrond, loopbaan, die beleggingsbedryf en sy stokperdjies.
17 Jul 8AM 12 min

Richemont stoom net voort

Omri Thomas, direkteur by Abax Investments, gesels oor Prosus, Naspers en British American Tobacco (BAT) se nuwe rekordvlakke. Hy deel ook insig in Richemont se prestasie en bespreek die moontlike impak van die VSA se nuwe invoertariewe op die Suid-Afrikaanse ekonomie.
16 Jul 8AM 7 min

Shell mag na olie en gas aan die Weskus soek

Shell het onlangs toestemming ontvang om vyf diepsee-boorgate langs die weskus te sink om na olie en gas te soek. Andries Rossouw, leier van Energie, Nutsdienste en Hulpbronne by PwC Afrika, deel sy insigte.
15 Jul 8AM 7 min

Die sitrusbedryf “in chaos” weens Trump-tariewe

Gerrit van der Merwe, sitrusboer en voorsitter van die Sitrusprodusentevereniging (CGA), skets ’n prentjie van die huidige situasie met Amerika se 30%-tarief wat oor twee weke in werking tree.
15 Jul 8AM 9 min

Markoorsig

Theo Vorster, medestigter van Galileo Capital, deel sy insigte oor die markte en bespreek ArcelorMittal se jongste aankondiging.
14 Jul 8AM 9 min
240 – 260