Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
13,719 Episodes
260 – 280

So verkoop jy jou besigheid

Nicola Nel, besturende direkteur van PROI Worldwide, verduidelik hoe om ’n besigheid te verkoop.
11 Jul 8AM 7 min

Kenners antwoord luisteraarsvrae

Mia Kriegler, direkteur vir batebestuur, en Andries Nel, direkteur vir welvaartbestuur en adviesdienste, albei van Kruger Internasionaal, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
11 Jul 8AM 18 min

Is daar iemand in die VSA om oor tariewe te onderhandel?

Neil Diamond, president van die Suid-Afrikaanse Sakekamer in die VSA (SACCUSA), sê die VSA bly een van Suid-Afrika se grootste handelsvennote, en dat die impak van ’n swak verhouding met die VSA op 1 Augustus gevoel gaan word, wanneer die tariewe in werking tree.
10 Jul 8AM 8 min

Suid-Afrikaners word al armer

Lullu Krugel, hoofekonoom van PwC, verduidelik waarom Suid-Afrikaners armer word, en wat gedoen kan word om dit te stuit.
9 Jul 8AM 8 min

Kaapstad is ontsteld oor privaat brandweerdienste

Die Stad Kaapstad beskou Fidelity se privaat brandweerdienste as ongereguleerd. Wahl Bartmann, uitvoerende hoof van Fidelity, verduidelik die behoefte aan dié dienste en waarom die Stad dit nie ondersteun nie.
9 Jul 8AM 9 min
260 – 280