Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
14,415 Episodes
580 – 600

Pick n Pay lyk belowend

Schalk Louw, welvaartbestuurder by PSG Old Oak, gesels oor Pick n Pay se jongste handelsverklaring.
9 Oct 2025 8AM 5 min

Die dollar beleef sy swakste jaar sedert 1973

Gert Visser, valutaspesialis by Rand Merchant Bank, deel sy siening oor die huidige marktoestande, hoe dit Suid-Afrika beïnvloed, en hoe die rand presteer teenoor ander onluikende markte.
9 Oct 2025 8AM 8 min

SA hoenderbedryf dalk bedreig deur Amerikaanse invoere

Die vervalde Agoa-ooreenkoms en die toenemende invoer van Amerikaanse hoender kan plaaslike boere benadeel, sê die bedryf. Marthinus Stander, bestuurshoof van Rainbow Chicken, bespreek die implikasies van hierdie uitdagings.
8 Oct 2025 8AM 4 min

Goud bars deur $4000 per fynons

Omri Thomas, direkteur by Abax Investments, gesels oor vandag se markbewegings en 'n maatskappy wat binnekort noteer.
8 Oct 2025 8AM 9 min

Goud breek deur $4 000

Mia Kriegler, direkteur van batebestuur by Kruger Internasionaal, bespreek die goudprys sowel as buitelandse beleggings.
7 Oct 2025 8AM 4 min

SA verkoop die meeste motors in ’n dekade

Die motorbedryf beleef tans ’n besonder goeie paar maande. Ockert Janse van Rensburg, uitvoerende hoof van Motus, gesels oor motorverkope wat in September tot hul hoogste vlak in ’n dekade gestyg het.
7 Oct 2025 8AM 9 min
580 – 600