Hardapdam staan tans op 65,4 persent van kapasiteit met 3,634 miljoen kubieke meter water wat in ‘n week deur produsente by die groenskema by die dam benut is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Hardap-boerevereniging se voorsitter Dawie de Klerk oor die verbruik. Hy sê dit handel oor die…
Reaksie stroom in na Israel se lugaanval op senior Hamas-amptenare in Doha, die hoofstad van Katar. Daar is beskuldigings van die oortreding van Internasionale Reg, met verskeie bondgenote van Israel wat hul teen die aanval uitgespreek het. Hamas het ses sterftes bevestig, onder wie 'n seun van een van sy…
ActionSA sê hy is erg bekommerd oor die toestand van die Mananga-grenspos en omliggende gebiede soos Magudu in Mpumalanga. Die swak sekuriteit by die grens maak onwettige kruisings, misdaad en smokkelary moontlik wat die gemeenskappe naaste aan die grens kwesbaar laat. Norman Sibitane van ActionSA sê die Grensbestuurowerheid het nie…
Die stedelike en landelike ontwikkeling-minister, James Sankwasa, het tradisionele leiers versoek om op te hou om raadslede toe te laat om in tradisionele owerhede te dien sonder aangestelde hoofde, en gesê dat hulle selde waarde tot verrigtinge toevoeg. Tydens die jaarvergadering van die Raad van Tradisionele Leiers, wat tot Vrydag…
Suid-Afrika se ekonomie het met 0,8-persent gegroei vanaf April tot Junie teenoor 0,1-persent in die vorige kwartaal. Groei is aangevuur deur mynbou, vervaardiging en handel, met sterk prestasie in platinum, goud, chemikalieë en die motorbedryf. Huishoudelike besteding aan goedere, klere en gasvryheid het ook bygedra. Die Statistikus-generaal, Risenga Maluleke, het…
Die Kankervereniging van Namibië beywer hom vir die landwye integrasie van palliatiewe sorg in Namibië se openbare gesondheidstelsel. Die direkteur van die vereniging, Rolf Hansen, sê die vereniging het met die ministerie van gesondheid vergader om besprekings oor die kwessie aan die gang te sit. Hansen het met Kosmos 94.1…
Vanmiddag in die Nasionale Vergadering het PDM-parlementslid Rosa Mbinge-Tjeundo die Ministerie van Onderwys, Kuns en Kultuur aangevat en antwoorde geëis oor die beweerde verwaarlosing van Namibië se kreatiewe nywerhede. Mbinge-Tjeundo het dringende hervormings versoek en gevra watter konkrete ondersteuning kreatiewe nywerhede die afgelope vyf jaar ontvang het en waarom hul…
Namibië versterk steeds sy globale groenenergie-bande, hierdie keer in Suid-Korea. Deur sy Groenwaterstofprogram neem Namibië deel aan 'n hoëvlak-beleidsforum in Seoel, wat daarop gemik is om die groen waterstofwaardeketting te versterk. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê programwoordvoerder Jona Musheko dat die forum - aangebied deur Suid-Korea se…
President Donald Trump het Maandag tydens 'n geleentheid in die Museum van die Bybel in Washington gepraat oor die sukses van sy veldtog teen misdaad. Hy het voorgestel dat wat hy noem mindere dinge soos gesinsgeweld, nie in misdaadstatistieke getel moet word nie. Luister self.
Namibië se digitale toekoms lyk helderder na die inligtingkommunikasie-tegnologiesektor die afgelope jaar 'n massiewe 1,2 miljard Namibiese dollar in beleggings gelok het. Die Kommunikasie-reguleringsowerheid, Cran, sê die bedryf dra nou 2,5 persent tot die land se bruto binnelandse produk by. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano het die besonderhede met Kosmos 94.1 Nuus…
Die Nasionale Vervolgingsgesag verwelkom die vonnis van Raymond Steven Jan-Erick Smith. Die Hooggeregshof in Pretoria het Smith twee lewenslange vonnisse opgelê vir twee moorde, drie jaar vir poging tot moord, en agt jaar tronkstraf vir poging tot roof met verswarende omstandighede. Die NVG se woordvoerder, Lumka Mahanjana, sê die Batebeslagleggingseenheid…
Die Namibiese Burgerlugvaartowerheid spreek kommer uit oor 'n toename in roekelose gebruik van hommeltuie regoor die land. Die owerheid sê hommeltuigoperateurs vlieg gevaarlik naby lughawens, militêre sones en selfs private huise. Die owerheid se woordvoerder Nelson Ashipala sê die owerheid is keelvol en waarsku dat streng stappe teen oortreders geneem…
Sokker: Bafana Bafana speel vandag in Bloemfontein teen Nigerië, wetende dat 'n oorwinning regstreekse kwalifikasie vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi sal verseker - mits geen strafpunte afgetrek word nie. FIFA moet nog beslis of Suid-Afrika drie punte moet verbeur vir die insluiting van die geskorste Teboho Mokoena in die span…
Met Amnestiemaand in September, moedig die Namibiese polisie die publiek aan om onwettige vuurwapens en ammunisie aan die polisie te oorhandig sonder vrees vir vervolging. Hierdie inisiatief, deel van die Afrika-Unie se "Maak die Gewere Stil"-veldtog, is daarop gemik om openbare veiligheid en vrede te bevorder deur die aantal onwettige…
President Cyril Ramaphosa het die president van Brasilië, Lula da Silva, se beroep vir 'n wapenstilstand in Gaza en die erkenning van self-beskikking vir Palestina, ondersteun. Hy het gedurende 'n buitengewone virtuele vergadering van die BRICS-leiers gesê blywende vrede is nodig vir 'n tweestaat-oplossing. Hy het Suid-Afrika se ondersteuning vir…
Namibië se stryd teen voorkombare sig verlies het sopas 'n groot hupstoot gekry. Dr. Helena Ndume het haar 2025 Oogkamp afgesluit, met 'n suksesvolle sessie by die Onandjokwe-hospitaal in die Oshikoto-streek. Die internasionaal bekroonde oogarts het gratis sigherstellende operasies uitgevoer. Met die ondersteuning van vennote in die VSA, Oostenryk en…
Markonsekerheid vertroebel steeds die vooruitsigte vir globale oliepryse. Oliepryse het Maandag effens gestyg, gedryf deur toenemende kommer oor moontlike bykomende sanksies op Russiese ru-olie. Ekonoom Dawie Klopper het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hoewel 'n swakker dollar hoër kommoditeitspryse – insluitend olie – ondersteun het, verhoogde Opul-produksie, al is…
9 Sep 3AM
1 min
100 – 120
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.