’n Verdoemende nuwe peiling wys dat Amerikaanse president Donald Trump skerp openbare afkeur in die gesig staar, wat Republikeinse vooruitsigte in die middeltermyn-verkiesings sal beïnvloed. Die jongste NBC News-peiling, wat tussen 27 Februarie en 3 Maart gedoen is, toon dat Demokrate die Republikeine met 6 persentasiepunte lei, met 50 persent…
Eskom se voorgestelde kernkragprojek by Duynefontein naby Koeberg gaan in die Hooggeregshof in die Wes-Kaap betwis word weens kommer oor die omgewingsgoedkeuring van die projek. Omgewingsgroepe, insluitend die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe se Omgewingsinstituut, voer aan die omgewingsgoedkeuring vir die lank uitgestelde projek is teenstrydig met die omgewingsimpakstudiewette. Francesca de Gasparis van…
CMB.TECH Namibia beplan om Namibië se groot vloot stilstaande lokomotiewe met groenwaterstof op te gradeer. Die maatskappy se hooftegnologiebeampte, Roy Campe, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hulle met die omskakeling van 'n operasionele lokomotief wil wys hoe waterstof in vragspoor geïntegreer kan word sonder nuwe materiaal of groot…
Kaapstad se wetstoepassingsagentskappe het hul hoogste weeklikse arrestasies tot dusver vanjaar aangeteken. Altesaam 446 mense is in hegtenis geneem en meer as 65 000 boetes uitgereik. Wetstoepassingsbeamptes het op 'n AK-47 in Gugulethu beslag gelê, terwyl metropolisie op vyf vuurwapens, dwelms en ammunisie beslag gelê het. Die Burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid…
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika en Brasilië deel ’n verbintenis tot gelykheid, ekonomiese groei en die uitwissing van armoede. Hy het gister met ’n tweedaagse staatsbesoek in dié land begin om bilaterale betrekkinge te versterk. Ramaphosa sê die gedeelde waardes tussen Suid-Afrika en Brasilië bied ’n sterk basis om praktiese,…
President Donald Trump van Amerika sê hulle het goeie vordering gemaak in die oorlog teen Iran en dat hulle militêre optrede in Teheran binnekort kan eindig. Amerika se weermag het meer as 5 000 teikens getref sedert die konflik begin het, terwyl Iran wraakaanvalle op Israelse en Amerikaanse basisse in…
Namibiërs vrees die land sal 'n tekort aan brandstof ondervind weens die oorlog van Israel en Amerika teen Iran. Kosmos 94.1 Nuus het met die energieministerie gepraat wat die versekering gee dat ander markte ondersoek sal word maar dat reserwes sterk staan, ongeveer drie maande. Namcor het ook bevestig dat…
Presies een jaar gelede het president Netumbo Nandi-Ndaitwah 'n ambisieuse regeringsraamwerk uiteengesit wat op vyf pilare gebou is: pragmatisme, integriteit, verantwoordbaarheid, meritokrasie en inklusiwiteit, bekend as PIAMI. Maar 'n jaar later sê regeringskenner Pius Dunaiski dat baie Namibiërs steeds wag om te sien of daardie visie tot werklike vordering met…
Namibië kan binnekort stygende brandstofkoste in die gesig staar, met internasionale oliepryse wat al meer as 100 Amerikaanse dollar per vat beloop. Die situasie word vererger deur verwagte brandstofprysstygings in Suid-Afrika volgende maand. Aangesien Namibië swaar op invoere van die buurland staatmaak, kan die verhogings voedselpryse opstoot, landbou onder druk…
'n Navorser aan die Universiteit Stellenbosch, Rebecca Selkirk, sê die herhaling van grade 10 en 11 help nie altyd leerders nie. Haar studie in die Wes-Kaap het bevind die herhaling van graad 11 het beter matriekuitslae getoon, maar die uitwerking het in 2020 swakker geword toe minder leerders die graad…
Iran kan nog lank met die oorlog aangaan en sien geen moontlikheid van diplomasie om die konflik te beëindig nie, sê Kamal Kharazi, buitelandse beleidsadviseur aan die kantoor van die opperleier. CNN se Frederik Pleitgen het ekslusief met Kharazi in Teheran gepraat. Pleitgen het aangehaal dat Amerika sê dit het…
Inwoners van die Zambezi-streek word gewaarsku teen dreigende oorstromings aangesien die watervlak van die Zambezi-rivier 6,3 meter bereik het. Kosmos 94.1 Nuus het met Zambezi-goewerneur Dorothy Kabula gesels wat sê die situasie is baie erger as verlede jaar met die rivier wat sy oewers oorstroom. Sy sê inwoners het begin…
Rugby: Die Engelse Rugbyunie skaar hom agter hoofafrigter Steve Borthwick ondanks agtereenvolgende nederlae teen Skotland, Ierland en Italië in die Sesnasieskompetisie. Die unie se uitvoerende hoof, Bill Sweeney sê Engeland se veldtog sal deeglik ondersoek word na Saterdag se laaste wedstryd teen Frankryk in Parys. Borthwick sê hy is steeds…
Hierdie naweek se hibriede wildveiling in Windhoek het Namibiese rekords vir wildveilingsverkope gebreek. 'n Gemsbok het vir 3,1 miljoen Namibiese dollar gegaan, terwyl 'n koedoebul 'n rekordprys van 4,5 miljoen bereik het. Die koedoebul uit die Gobabis-gebied het met 'n horinglengte van 68 duim, meer as 1,7 meter vorige rekords…
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank gaan sy risiko-scenario hersien weens die konflik in die Midde-Ooste, die hoër olieprys en die stand van die rand. Dit kan 'n invloed op die bank se monetêre beleid vir die res van die jaar hê. Die bank besluit op 26 Maart wat die nuwe rentekoers gaan…
Fishrot-beskuldigde Ricardo Gustavo staan medebeskuldigde Sacky Shanghala se poging om Hooggeregshofregter Marelize du Plessis van die saak te laat onttrek teen, en voer aan dat die skuif 'n vertragingstaktiek is. Shanghala beweer dat die regter nie die ervaring het om die korrupsieverhoor te lei nie. Gustavo se regverteenwoordiger, Ileni Gebhardt,…
Die waarnemende polisieminister, Firoz Cachalia, verwerp Stad Kaapstad se betoog dat 'n muur van 120-miljoen Suid-Afrikaanse rand langs die N2-snelweg misdaad sal verminder. Hy sê kernwetstoepassing kan nie vervang word deur infrastruktuur nie en sal nie bendegeweld, vuurwapenverwante oortredings of georganiseerde en ander misdaad uitskakel nie. Build One South Africa…
Die regering gaan na verwagting strenger beheermaatreëls op sandmynbou teen Junie of Julie vanjaar instel. Omgewingskommissaris Timoteus Mufeti het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê streekskonsultasies oor die voorgestelde regulasies is afgehandel, met 'n laaste ronde besprekings wat vir Windhoek beplan word. Hierna sal die regulasies formeel opgestel en in die…
Die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling bied 'n reeks induksiewerkswinkels aan vir nuutverkose streeks- en plaaslike owerheidsraadslede. Tydens die werkswinkels stel hulle nuwe raadslede bekend aan belangrike streeks- en plaaslike bestuurskwessies terwyl hulle hulle toerus met noodsaaklike toesig- en leierskapsvaardighede. Tydens die opening het lynminister James Sankwasa die belangrikheid…
9 Mar 5AM
1 min
80 – 100
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.