Die konstruksiereus, Murray and Roberts Holdings, is na ʼn hofbevel onder voorlopige likwidasie geplaas. Die Gautengse Hooggeregshof het die bevel toegestaan na ʼn aansoek deur die maatskappy se krediteure. Dit kom te midde van ʼn parallelle proses waar Murray and Roberts Limited, ʼn dogtermaatskappy van die beheermaatskappy, onder vrywillige sakeredding…
President Cyril Ramaphosa het die rol van adjunkministers verdedig, ten spyte van kritiek oor die hoë koste vir belastingbetalers. Ramaphosa het in die parlement gesê adjunkministers voeg steeds waarde by die regering se bedrywighede. Athol Trollip van ActionSA voer aan dat 42 adjunkministers verkwistende uitgawes is en op begunstiging neerkom…
Navo se sekretaris-generaal Mark Rutte sê dat hy glo dat die Amerikaanse president Donald Trump deurslaggewend is om die Russiese president Vladimir Putin na die onderhandelingstafel oor die oorlog in Oekraïne te bring. Hy sê hy self het baie ervaring met Putin. Hy het met Britse media gepraat.
Goud het die week vir die eerste keer verby die 3 600 Amerikaanse dollar-kerf gestyg en 'n rekordhoogtepunt bereik. Op die oomblik verhandel ‘n fynons net bo 3 645 dollar. Dit kom te midde van verwagtinge dat die Amerikaanse Federale Reserweraad volgende week rentekoerse sal verlaag na Amerikaanse werksskepping in…
Die Universiteit van Namibië, in vennootskap met die Universiteit Stellenbosch, bied vanaand die sesde jaarlikse Anton Lubowski-gedenklesing aan op die Unam-kampus in Windhoek. Ter ere van die lewe en nalatenskap van die oorlede anti-apartheidsaktivis, is die tema: "Van Blootstelling tot Aksie – Versterking van Stelsels in die Stryd Teen Korrupsie."…
Die kantoor van die Ombudsman sê die onlangse verkragting van twee minderjariges in die noorde beklemtoon die dringende behoefte om kinderbeskerming te versterk, veral in kwesbare landelike gemeenskappe. 'n Sesjarige meisie is na bewering deur 'n 16-jarige veewagter in Ondangwa verkrag, terwyl 'n 13-jarige San-meisie na bewering verskeie kere deur…
Die staatsbeheerde digitale verspreider Sentech waarsku hy sal die SABC se sein teen Desember afskakel indien die uitsaaier nie sy skuld van 'n miljard Suid-Afrikaanse rand vereffen nie. Die SABC wil die seinkoste weer onderhandel te midde van vertragings met die aanvaarding van die Wetsontwerp op die SABC om 'n…
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, sê hy is geskok oor die Israeliese aanval in Doha. Ses mense is in die aanval dood wat Israel op Hamas-lede, wat vergader het oor ‘n Amerikaanse skiestilstand voorstel, uitgevoer het. Guterres sê Katar het ‘n kritieke rol gespeel om vrede te…
Cosatu het sy voorstel oor die Wysigingswetsontwerp op Inkomstewette aan die Parlement se Gekose Komitee oor Finansies voorgelê. Die Wetsontwerp ondersteun die Twee-Pot Pensioenhervormings, wat vanaf September 2024 meer as 56 miljard Suid-Afrikaanse rand aan 3,5 miljoen werkers uitbetaal het. Matthew Parks van Cosatu sê voorstelle sluit in, toegang tot…
Israel se aanval op Hamas-leiers in Doha, die hoofstad van Katar, maak steeds opslae. Die eerste minister van Katar, Mohammed bin Abdulrahman bin Jassim Al Thani, het in 'n televisietoespraak gesê die VSA het hulle gewaarsku oor die aanval tien minute nadat dit begin het. Dit is ondanks die Withuis…
Gesondheidminister Esperance Luvindao het in die parlement teruggeveg teen bewerings dat die uitskakeling van middelmanne die land se chroniese medisynetekort veroorsaak het. Luvindao sê die tekort spruit uit jare-lange tendervertragings en hofstryde, nie uit haar onlangse hervormings nie. Sy verduidelik dat die uitskakeling van tussengangers aflewerings versnel en koste besnoei.
Die Republikeins-geleide Huis-toesighoudende komitee het dokumente uit die boedel van Jeffrey Epstein vrygestel, waaronder 'n 2003-verjaardagboek waarin president Donald Trump na bewering 'n onsedelike nota aan Epstein gestuur het. Trump het enige kennis van die nota ontken en dit “ 'n dooie kwessie” genoem, en wou nie verder kommentaar lewer…
Die Amerikaanse kleinhandelreus, Walmart, beplan om sy eerste handelsmerkwinkels in Suid-Afrika oop te maak. Die stap volg ná sy groeiberaad, waartydens Afrika-gebaseerde verskaffers gewerf is. Massmart se uitvoerende hoof, Miles van Rensburg, sê Walmart beoog om alledaagse lae pryse te bied en plaaslike verskaffers te ondersteun. Van Rensburg sê die…
Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu sê sy land het heeltemal onafhanklik opgetree in sy aanvalle op Katar. Die Israelse weermag het Dinsdag die Hamas-leierskap in Doha aangeval. Hamas sê vyf lede is in die aanval dood, maar die onderhandelingspan is ongedeerd. Katar is ʼn belangrike bemiddelaar in onderhandelings oor…
Amerikaanse president Donald Trump voel baie sleg oor Israel se aanval op Hamas-teikens in Katar en het 'n top-gesant, Steve Witkoff, gelas om Katar teen die aanval te waarsku. Dit is volgens 'n verklaring wat deur die Withuis se perssekretaris, Karoline Leavitt, by 'n perskonferensie gelees is. Trump het nie…
Die Motorvoertuigongelukfonds is besig om openbare konsultasies oor voorgestelde veranderinge aan sy 2007-wet af te sluit. Een sleutelkwessie is die 7 000 Namibiese dollar begrafnistoelaag wat aan families van padongelukslagoffers betaal word. In 2007 was dit 'n ruim bedrag, maar dek tans skaars die basiese begrafniskoste. Finale konsultasies oor die…
Vandag is Wêreldselfmoordvoorkomingsdag, terwyl die krisis in Namibië verdiep. Meer as 540 Namibiërs het die afgelope jaar hul eie lewens geneem, 'n hartverskeurende tol wat pyn weerspieël wat te dikwels in stilte gely word. Vandag is 'n wêreldwye oproep om die stigma te breek, te luister en op te tree…
Die Global Initiative Against Transnational Organised Crime organisasie het ‘n verslag gepubliseer waarin beweer word dat bendegeweld in die Wes-Kaap aangevuur word met wapens van beide die Namibiese polisie en die weermag. Aaron Hayman van die navorsingsgroep het in gesprek met Newzroom Afrika gesê dit op die lappe gekom toe…
MTC het bewerings van die hand gewys dat hul Buffalo-projek wat netwerkverbindings tussen Rundu en Katima Mulilo verbeter, omgewingskade veroorsaak. Foto’s van bome wat afgekap is, is wyd op sosiale media gedeel. Die maatskappy sê dat alle werk met volle omgewingsgoedkeurings en toestemmings van grondeienaars uitgevoer word. In 'n onderhoud…
9 Sep 9PM
1 min
80 – 100
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.