Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
60 – 80

VSA wen die oorlog - Hegseth

Amerikaanse verdedigingminister Pete Hegseth het Dinsdag op 'n perskonferensie gesê die VSA wen die oorlog teen Iran, maar het nie 'n tydlyn verskaf oor wanneer die oorlog sal eindig nie. Hy het beklemtoon dat president Donald Trump daaroor sal besluit, en erken dat Israel sy eie doelwitte in die konflik…
10 Mar 8PM 1 min

Nafau, Hungry Lion sluit arbeidsooreenkoms

Die Namibië Voedsel- en Geallieerde Werkersunie en Hungry Lion Namibia het vandag in Windhoek 'n ooreenkoms onderteken vir 'n loonverhoging en hersiene diensvoorwaardes. Die ooreenkoms sluit 'n salarisverhoging van 375 Namibiese dollar vir die eerste jaar in, terugwerkend tot 1 Julie 2025. Die ooreenkoms kom ná 'n dooiepunt in loononderhandelinge…
10 Mar 8AM 1 min

SA ekonomie groei met 0,4% in laaste kwartaal 2025

Suid-Afrika se ekonomie het vir 'n vyfde agtereenvolgende periode groei getoon, met groei van 0,4-persent in die vierde kwartaal van verlede jaar. Tussen Oktober en Desember is die toename hoofsaaklik gedryf deur die finansies-, handels- en dienstesektore, sowel as hoër huishoudelike besteding en owerheidsbesteding. Bokang Vumbukani-Lepolesa van Statistieke Suid-Afrika sê…
10 Mar 8AM 1 min

Só is M-pokke-, Kongokoors-uitbrekings beëindig

Die gesondheidministerie het die suksesvolle inperking van Mpokke- en Kongo Koors-uitbrekings in die Erongo- en Omaheke-streke aangekondig. Die Mpokke-uitbreking is op 19 Oktober 2025 in Swakopmund verklaar na die eerste laboratoriumbevestigde geval op 18 Oktober 2025. Namibië het drie bevestigde gevalle aangeteken, wat almal ten volle herstel het en op…
10 Mar 7AM 1 min

Regering beplan vir brandstof-krisis: Ngurare

Eerste Minister Elijah Ngurare sê die regering is in gesprek met verskeie belanghebbendes om te verseker dat daar in die land se brandstofbehoeftes voorsien kan word indien die Midde-Ooste oorlog langer as twee maande aanhou. Namibië se brandstofvoorraad word tans as stabiel beskou, met voldoende reserwes om ongeveer twee tot…
10 Mar 7AM 1 min

Omseiling van tenderproses vir behuising skep vrae

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het opdrag gegee dat 'n loodsprojek vir bekostigbare behuising tussen ABT Panels Namibia en die Shack Dwellers Federation of Namibia moet voortgaan sonder om deur die gewone regeringstenderproses te gaan. Die inisiatief behels die bou van voorafvervaardigde tweeslaapkamerhuise in ongeveer twee dae teen 'n koste van sowat…
10 Mar 7AM 1 min

Afrikaner-groep wil 3 000 wit kruise in Washington vertoon

Die belangegroep, Lex Libertas gaan ’n openbare waakbyeenkoms op die National Mall in Washington DC hou, waar 3 000 wit kruise vertoon gaan word om slagoffers van plaasaanvalle in Suid-Afrika te herdenk. Die groep probeer om daardeur die internasionale aandag op geweld en rassediskriminasie in Suid-Afrika te vestig. Ernst Roets…
10 Mar 6AM 1 min

Bomme by New York-burgemeester se huis 'was terreur'

Twee verdagtes is aangekeer vir die poging om twee bomme te laat ontplof voor Gracie Mansion, waar New York se burgemeester, Zohran Mamdani, woon. Hulle is aangekla van federale terreurmisdade. Die voorval het plaasgevind tydens 'n teen-Moslem-betoging, gelei deur die verregse aktivis Jake Lang. Die Amerikaanse stad se polisiekommissaris, Jessica…
10 Mar 6AM 1 min

Carrim vertel kommissie 'Cat' Matlala, Mogotsi het hom verneuk

'n Sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, het voor die Madlanga-kommissie getuig die omstrede sakemanne Vusimuzi 'Cat' Matlala en Brown Mogotsi het hom uitgebuit. Carrim het tien-miljoen Suid-Afrikaanse rand belê in 'n tender vir mediese dienste nadat Matlala beweer het hy het 'n kontrak verbind aan die Polisiediens bekom. Carrim sê…
10 Mar 6AM 1 min

Trump dreig Iran met 20x hewiger aanvalle

Die Amerikaanse president, Donald Trump, waarsku Iran se poging om olie-verskeping deur die Seestraat van Hormuz te ontwrig, sal 'n reaksie ontlok 20 keer hewiger as vorige aanvalle. Iran se Revolusionêre Wag het gewaarsku indien die Israels-Amerikaanse aanvalle voortduur, hulle olie-verskeping sal verhoed op dié roete wat 20-persent van die…
10 Mar 6AM 1 min

SAPD keer meer as 16 000 verdagtes in een week aan

Die polisie het meer as 16 000 verdagtes landwyd in hegtenis geneem tydens 'n weeklange misdaadbestrydings-veldtog wat Sondag geëindig het. Die meeste inhegtenisnemings was in Gauteng, Mpumalanga en KwaZulu-Natal. Woordvoerder Vincent Mukhathi sê 2 600 gesoekte misdadigers is aangekeer vir moord, poging tot moord, verkragting, die onwettige besit van vuurwapens,…
10 Mar 3AM 1 min

Reeves waarsku oof stygende Britse inflasie

Die Verenigde Koninkryk se minister van Finansies, Rachel Reeves, waarsku die situasie in die Midde-Ooste gaan waarskynlik in die komende maande inflasie laat styg. Sy het gister in die Parlement ’n noodverklaring gelewer oor die ekonomiese uitwerking van Amerika en Israel se oorlog teen Iran. Dit volg nadat sy virtueel…
10 Mar 3AM 1 min

Nictus Holdings vestig in Botswana

Nictus Holdings brei sy finansiële dienste-voetspoor na Botswana uit met die registrasie van Corporate Guarantee & Insurance Company of Botswana. Die uitbreiding vorm deel van die maatskappy se breër strategie om sy streeksteenwoordigheid te versterk, nuwe markgeleenthede te ontsluit en kliënte van toegevoegde waarde te voorsien. Groep besturende direkteur Philippus…
10 Mar 3AM 1 min

Olie en gas: Versigtig vir burokrasie, vertragings

Energieprokureur Shakwa Nyambe waarsku dat vertragings in die goedkeuring van belangrike lisensie-oordragte beleggers in Namibië se opkomende oliesektor kan afskrik. Vanaf Maart ondervind energiereuse TotalEnergies, Galp en Petrobras steeds vertragings wat verband hou met administratiewe verwarring en hangende goedkeurings van die regering. Die ministerie van energie het 'n Februarie-ooreenkoms tussen…
10 Mar 3AM 1 min

So kan brandstofpryse in April styg

Namibiërs kan na verwagting 'n petrolprys verhoging van 3 Namibiese dollar in April verwag. Op hulle beurt verwag Suid Afrikaners meer as 4 Suid-Afrikaanse rand per liter. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus-ekonoom Oliver Diggle gepraat.
10 Mar 3AM 1 min

Begroting het onderliggende strukturele swakhede

Reaksie word steeds ontvang op die 2026/27 nasionale begroting, met FNB Namibië wat sê dat dit 'n fiskale pad uiteensit wat funksioneel bly, maar toenemend blootgestel word aan onderliggende strukturele swakhede. FNB-ontleder Ndateelela Amukuhu sê stygende rentekoste, verlangsamende inkomstegroei, afhanklikheid van binnelandse lenings en optimistiese makro-ekonomiese aannames dui op 'n…
10 Mar 2AM 1 min

Tshwane betaal R37m in 'n jaar aan geskorste amptenare

Die Vryheidsfront Plus sê die Stad Tshwane het in die 2024/2025-boekjaar meer as 37 miljoen Suid-Afrikaanse rand se salarisse betaal aan geskorste amptenare wat tuis sit en wag vir hul tugverhore. 'n Verslag van die afdeling vir Korporatiewe en Gedeelde Dienste toon 27 werknemers is tans geskors, waarvan 23 langer…
10 Mar 2AM 1 min

GRN sal voedselsekerheid moet verskerp

Die Straat van Hormuz is gesluit is vir olie-verskeping maar ander uitvoere is ook in die gedrang. Sowat 30 persent van die wêreld se kunsmis word ook deur die Straat verskeep. Stapelvoedsel soos rys en graan sal nie net weens 'n hoër olieprys duurder word nie, maar die beskikbaarheid van…
10 Mar 12AM 1 min

Geen onderhandelinge meer nie - Iran

Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, het die kans op onderhandelings met Amerika verwerp en verwys na verlede maand se laaste gesprekke oor kernwapens. Amerikaanse en Israelse vegvlieëniers het gister opnuut teikens in Iran aangeval in die tweede week van die konflik. Araghchi het aan PBS News gesê…
10 Mar 12AM 1 min
60 – 80