Rise Mzansi sê die parlementêre ondersoek na bewerings van politieke inmenging in die Suid-Afrikaanse Polisiediens is nie genoeg nie, en moedig president Cyril Ramaphosa aan om dringend in te tree. Die party vra vir ’n kommissie van ondersoek, onder leiding van ’n afgetrede regter, om die aantygings wat polisiekommissaris, Nhlanhla…
Namcor bly in die nuus, vir al die verkeerde redes. Behalwe vir onreëlmatighede, lyk sy finansies bedroef en het hy in sy 2022/23-boekjaar ‘n rekord netto verlies van bykans 1,3 miljard Namibiese dollar gely. Dit kom na die nasionale oliemaatskappy verlede jaar 'n reddingsboei van 1,2 miljard dollar van die…
Reaksie kom in oor die kommer van die drie parlementêre staande komitees oor die land se energietoekoms. Die energie-uitdagings verg vinnige en beslissende optrede, veral oor voortdurende kragbeperkings en hoë invoere. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die plaaslike energiekenner Harald Schütt.
Die Namibiese Sokkervereniging sal ten minste 10 busse mobiliseer om Brave Warriors-ondersteuners na Francistown in Botswana te vervoer vir die komende FIFA Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryde. Ondersteuners word aangemoedig om by die konvooi aan te sluit wanneer Namibië op 1 September teen Malawi en op 8 September teen São Tomé te staan sal…
Tydens 'n sitting van die Nasionale Vergadering het die AR-leier, Job Amupanda, die gebrek aan 'n duidelike raamwerk binne Namibië se nasionale sekuriteitstelsel uitgelig. Daar is ook 'n behoefte aan 'n kode om die gedrag en bestuur van personeel in uniform te lei.
Die MK-party het 'n strafsaak teen die minister van Polisie, Senzo Mchunu en adjunk-nasionale polisiekommissaris Shadrack Sibiya by Pretoria se Brooklyn-polisiestasie aanhangig gemaak. Dit is vir meineed en regsverydeling ná bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi. Hy het beweer dat Mchunu en Sibiya medepligtig is by 'n sindikaat, beheer…
Die onlangse rekord-hittegolf in Europa het die dood van 2 300 mense veroorsaak, volgens 'n wetenskaplike studie. Die studie het 12 stede ondersoek en bevind dat sowat 1 500 van die sterftes toegeskryf kan word aan die uitwerking van klimaatsverandering. Friederike Otto, 'n professor in klimaatswetenskap aan die Imperial College…
Sakeliga sê die gewysigde Wet op Gelyke Indiensneming bevat rasgebaseerde aanstellingskwotas wat onmoontlik is om te bereik en is skadelik vir die ekonomie. Die sake-instelling en die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika, voer aan die nuwe regulasies is ongrondwetlik en sê dit skend die vryheid van werkgewers en werknemers. Sakeliga se…
Die Vryheidsfront Plus sê Amerika se aangekondigde handelstariewe van 30-persent het waarskynlik 'n onderliggende geopolitieke motivering en is 'n regstreekse aanval op die ekonomiese voordele wat AGOA vir Suid-Afrika inhou. Jaco Mulder van die party sê die tariewe is ook 'n reaksie op Suid-Afrika se groeiende diplomatieke en ekonomiese bande…
Namibië is die eerste land wat Indië se Unified Payment Interface-tegnologie. Die stelsel is in daardie land ontwikkel om interbank-transaksies deur selfone moontlik te maak. Dit kom na die Indiese premier Narendra Modi se besoek aan Namibië. Hy het tydens 'n gesamentlike sitting by die Nasionale Vergadering gepraat.
Rusland het die grootste lugaanval tot nog toe op Oekraïne geloods kort na na Amerikaanse president Donald Trump se kritiek op sy Russiese eweknie Vladimir Putin. Volgens Oekraïnse president Volodymyr Zelensky is 728 hommeltuie en 13 kruiser- of ballistiese missiele afgevuur. Die stad Lutsk, 'n transito-sentrum vir militêre en humanitêre…
Die uitvoerende hoof van NamPower, Simson Haulofu, het die regering versoek om 'n nasionale basislading kragsentrale te ontwikkel om elektrisiteitskoste te verminder en afhanklikheid van invoere te beëindig. Hy het parlementêre komitees toegespreek en sê dat Namibië, ten spyte van vordering met hernubare energie, nie langtermyn-energiestabiliteit het nie.
Die heffing van 30 persent se Trump-tariewe teen Suid-Afrika vanaf 1 Augustus bly in die nuus. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die uitvoerende direkteur van die landbou-organisasie Saai, dr. Theo de Jager vir meer hieroor. Volgens De Jager is die kwessie uitdagend omdat daar ook geen uitsluitsel is oor…
Die sewemalige Wimbledon-kampioen, Novak Djokovic, en die wêreld-nommer-een van Italië, Jannik Sinner, takel mekaar in die halfeindronde. Die Serwiër het die Italianer, Flavio Cobolli verslaan, terwyl Sinner die Amerikaner Ben Shelton geklop het. In die vroueafdeling is Iga Swiatek van Pole en die Switser, Belinda Bencic, albei deur na hulle…
Die Verkiesingskommissie van Namibië sal van 4 tot 19 Augustus aanvullende registrasie van kiesers doen, voor die streeksraad- en plaaslike owerheidverkiesings op 26 November. Die kommissie doen 'n beroep op alle kwalifiserende Namibiërs om te registreer en te gaan stem. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met De Wet Siluka, die…
Die Vryheidsfront Plus sê tydens die Departement van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling se begrotingspos in die Parlement, was vooroordeel teen wit mense, veral Afrikaners, baie duidelik. Wynand Boshoff van die party sê verteenwoordigers van die MK-party en EFF het herhaaldelik na wit mense as “gronddiewe” verwys en gesê die teiken…
Die Amerikaanse besluit om 'n 50 persent tarief op invoere van geraffineerde koper in te stel, het onmiddellik gevolge gehad. Kopermarkte het skerp reageer, met Amerikaanse Comex-termynkontrakte wat met meer as 12 persent gestyg het tot 'n rekord 12 330 Amerikaanse dollar per ton, terwyl Londense pryse met 1,5 persent…
Amerikaanse president Donald Trump het Woensdag met leiers van vyf Afrika-lande vergader terwyl hy 'n internasionale handelsoorlog opskerp wat ontwikkelende lande bedreig. Sy administrasie het ook groot dele van Amerikaanse buitelandse hulp vir Afrika geskrap, wat teen 2030 tot meer as 14 miljoen bykomende sterftes kan lei, volgens navorsing wat…
Die DA vra onmiddellike ingryping by die Polokwane-munisipaliteit se voortslepende storting van onbehandelde riool in die Sand- en Bloedrivier. Dit word veroorsaak deur die munisipale waterbehandelingsaanleg se vervalle infrastruktuur. Johan Retters van die DA sê ondersoeke het onthul meer as 70 megaliter onwettige riool word daagliks in die riviere gestort:
9 Jul 2025 8PM
1 min
1560 – 1580
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.