NamPol het 'n verklaring uitgereik oor toenemende brande by huise. Kinders wat sonder volwasse toesig gelaat is sterf soms in hierdie brande, terwyl ander slagoffers beseer word en huise met waardevolle besittings afbrand. Kosmos 94.1 Nuus het met NamPol hoofinspekteur Elifas Kuwinga gepraat, wat 'n ernstige waarskuwing rig.
Hamas het seksuele geweld tydens die aanval op Israel op 7 Oktober 2023 gebruik, volgens 'n vrouegroep van Israeliese regs- en geslagskundiges. Die Dinah-projek sê die verslag is gebaseer op 'n oorsig van bewyse, insluitend eerstehandse getuienis van 'n oorlewende van 'n poging tot verkragting. Daar is ook getuienis van…
Die Swakopmund-munisipaliteit het sy YEDI-program bekend gestel. Die Youth Entrepreneurial Development-inisiatief is daarop gemik om jeug en kleinsake-eienaars toe te rus met noodsaaklike toerusting, opleiding en ondersteuning om hulle besighede te help groei. Die amptelike bekendstelling vind Vrydag plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met munisipale woordvoerder Linda Mupupa gepraat.
Tydens besprekings oor die verhouding tussen Namibië en Indië het president Netumbo Nandi-Ndaitwah verklaar dat beide lande die kapasiteit het om handel en belegging uit te brei. Sy het die enorme potensiaal vir die verdieping van samewerking in sleutelsektore soos groen waterstof, mynbou en waardetoevoeging, olie en gas, landbou- en…
Die Teenkorrupsie-kommissie het bevestig dat altesaam agt verdagtes gearresteer is oor vermoedelike korrupsie by Namcor. Voormalige bestuurders by Namcor Imms Mulunga, Jennifer Hamukwaya, Cedric Willemse en Olivia Dunaiski is gister in hegtenis geneem. Die broers Peter Elindi en Malakia Elindi, wat die militêre brandstof-voorsiener Enercon besit, is vandag gearresteer saam…
Solidariteit vra president Cyril Ramaphosa om dringend op te tree om reuse-werksverliese te voorkom na Amerika se besluit om van volgende maand 'n heffing van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere op te lê. Die vakbond sê die regering se gebrek aan optrede kan belangrike uitvoere belemmer en moontlik die voordele van…
Novartis het goedkeuring ontvang in Switserland vir Coartem Baby, die eerste middel wat malaria in babas en baie jong kinders behandel. Babas is tot dusver formulerings gegee wat vir ouer kinders bedoel is, wat die risiko van oordosis verhoog. Malaria-entstowwe word ook nie vir die jongste babas goedgekeur nie. Agt…
Die Finansiële Intelligensiesentrum het die afgelope jaar byna 100 miljoen Namibiese dollar in verdagte transaksies geïdentifiseer, wat tot verskeie kriminele ondersoeke gelei het. Die sentrum se direkteur Bryan Eiseb 96,9 miljoen dollar wat verdag voorgekom het, is bevries.
Polisieminister Senzo Mchunu sê hy het die tenderpreneur, Vusimusi “Cat” Matlala wat in Mei vir poging tot moord aangekeer is, nog nooit ontmoet of met hom gepraat nie. Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, beweer hy het bewyse op Matlala se foon gevind wat die minister verbind met ongemagtigde kommunikasie deur…
Die Amerikaanse tarief van 30-persent is nie goeie nuus vir die Suid-Afrikaanse ekonomie nie en die moontlike negatiewe ekonomiese impak moenie onderskat word nie. Dit is die mening van professor Raymond Parsons van die Noordwes-universiteit se sakeskool. Hy sê die realiteit in die wêreld is dat die aggressiewe Amerikaanse tariefbeleid…
Texas se goewerneur, Gregg Abbot, sê 161 mense word steeds vermis ná die verwoestende kitsvloede wat dele van die staat verlede naweek getref het. Onder die vermiste persone is vyf kinders en een berader van Camp Mystic, waar minstens 27 mense in die oorstroming dood is. Ongeveer 109 mense is…
Telecom Namibia sal tot 19 Julie daagliks onderhoud aan mobiele en vaste dienste uitvoer, tussen 10-uur saans en vier-uur soggens. Die werk het reeds Dinsdag begin. Kliënte in Keetmanshoop, Nautedam, Grünau, Karasburg, Velloorsdrif, Warmbad, Noordoewer, Aussenkehr en Ariamsvlei kan kortstondige diensonderbrekings ervaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ndapewa Neshila,…
Meer inligting is bekend oor die gewaagde roof van 324 700 Namibiese dollar en verskeie selfone by die Windhoek Lounge & Gambling House in Ausspannplatz, Windhoek. Die verdagtes, gewapen met messe, het hulself met geweld in die kantoor ingedring waar die kassier geld getel het voordat hulle met die kontant…
Dit lyk asof die bitter koue vir eers verby is, en sonnige toestande word oor die grootste deel van die land verwag. Die kus en dele van die Namib kan in die komende dae Oosweer en sandstorms te wagte wees. Kosmos 94.1 Nuus het met weerman Odillo Kgobetsi by die…
Tydens 'n gesamentlike konsultasievergadering tussen drie staande komitees is dringende kommer uitgespreek oor Namibië se energietoekoms. Swapo-LP, dr. Tobie Aupindi, het die behoefte aan vinnige en beslissende optrede oor die land se energie-uitdagings beklemtoon. Hy het 'n beroep gedoen op doelgerigte en gekoördineerde oplossings vir die voortdurende kragbeperkings en hoë…
ActionSA se vroueforum in Gauteng sê geslagsgeweld is ʼn nasionale krisis wat dringende, gekoördineerde en streng optrede vereis. Die party veroordeel die grusame moord op Letta Ndlovu, ʼn inwoner van Lawley in Johannesburg-Suid. Haar lewensmaat, Ayanda Mthimkhulu, het haar in ʼn voorval van geslagsgeweld vermoor. Die vroueforum se sekretaris, Mpumi…
Die landbou-organisasie TLU SA het kommer uitgespreek oor Amerika se invoertariewe van 30-persent op Suid-Afrikaanse goedere wat op 1 Augustus ingestel word. Die Amerikaanse mark, met ondersteuning van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, het in 2024, 4 persent van die land se totale uitvoere uitgemaak. Bennie van…
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy dink nie hulle militêre veldtog in Gaza is afgehandel nie, maar onderhandelaars werk beslis aan ʼn skietstilstandooreenkoms. Dit volg nadat president Donald Trump se gesant in die Midde-Ooste, Steve Witkoff, gesê het hy hoop hulle bereik hierdie week ʼn tydelike skietstilstand van…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.