Die Polisie- en Gevangenissevakbond, Popcru eis dat die regering met dringende praktiese stappe moet kom om polisie-moorde en -beserings te verminder, hetsy aan of van diens. Popcru-woordvoerder Richard Mamabolo sê tussen April verlede jaar en Maart vanjaar is 27 polisiebeamptes regoor die land vermoor. Hy sê Popcru eis 'n dringende…
Die onlangse sukses van ‘My F*k, Marelize’ – die Afrikaanse film oor ’n Namibiese gesin – word gesien as ’n belowende aanduiding van die potensiële sukses van medeproduksies tussen Suid-Afrika en Namibië. Die film het reeds meer as een miljoen Suid-Afrikaanse rand by die Suid-Afrikaanse loket verdien en is tans…
Openbare konsultasies oor Namibië se nasionale konsepbeleid vir plaaslike inhoud in die stroomop-petroleumsektor duur vandeesweek voort, met sessies in Rundu vandag, Nkurenkuru op Woensdag en Katima Mulilo op Vrydag. Die beleid is daarop gemik om plaaslike deelname in die olie- en gassektor te bevorder deur vaardigheidsontwikkeling en werkskepping. Namcor se…
Politieke spanning styg weer by die Universiteit van Namibië, waar Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, toegelaat is om by 'n studentegeleentheid te praat, ten spyte van 'n voortgesette kampuswye verbod op politieke aktiwiteite. Die universiteit sê die geleentheid was in ooreenstemming met sy reëls, maar kritici, insluitend die LPM Jeugkommando,…
ReconAfrica het bestendige vordering bevestig met sy Kavango Wes 1X-eksplorasieboorput in Namibië, wat nou verder as 1 900 meter boor. Uitvoerende hoof Brian Reinsborough sê die put is op koers om die belangrike Otavi-reservoirsone teen Oktober binne te gaan – 'n belangrike stap in die evaluering van die streek se…
Cosatu sê hy is diep bekommerd oor die afleggings wat onlangs in verskeie sektore in Suid-Afrika aangekondig is. Die vakbond het onder andere verwys na Ford se plan verlede week om 470 poste te sny. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, het ook na ArcelorMittal Suid-Afrika verwys, wat besluit het om…
Namibiërs kry vanaand die kans om ‘n besondere verskynsel in die nagruim te sien – die sogenaamde bloedmaan tydens die maansverduistering. Die rooi kleur word veroorsaak deur stofdeeltjies in die aarde se atmosfeer. Professor Pieter Meintjies van Bloemfontein Universiteit het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Die Stad Tshwane sê hy het die Noordwes-Behuisingskorporasie suksesvol verbied om stadseiendomme in Mabopane, noord van die stad, op te veil. Die stad se woordvoerder, Selby Bokaba, sê die stad het die Hooggeregshof in Pretoria genader nadat die korporasie 'n advertensie geplaas het van 'n grootmaatverkoping van meer as 400…
In die buurland sê die landbou-organisasie TLU SA eiendomsregte in Suid-Afrika het 'n kritieke keerpunt bereik. Bennie Van Zyl van TLU SA sê die ideologiese ontmaskering van president Cyril Ramaphosa se benadering tot die herverdeling van grond, soos onlangs in Harare onthul is, het die regering se geloofwaardigheid in hierdie…
Die Universiteit van die Wes-Kaap sê hy speel 'n sleutelrol in die vasteland se optrede teen die jongste Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo. Die UWK se woordvoerder, Gasant Abarder, sê die uitbreking, wat in die Kasai-provinsie bevestig is, het reeds 15 lewens geëis, met 28 vermeende gevalle wat…
Die All Blacks moes hard teen die Springbokke veg om 'n 24-17 oorwinning op Eden Park in Auckland te behaal, in hul eerste 2025 Rugbykampioenskapswedstryd. Die All Blacks is nou vir 51 wedstryde onoorwonne op die Eden Park stadion. Nieu-Seeland het in die eerste helfte oorheers met drieë deur Emoni…
President Donald Trump sê stralers van Venezuela wat oor Amerikaanse vlootskepe vlieg en dit bedreig, sal afgeskiet word. Die president se waarskuwing kom nadat Venezuela vir die tweede keer in twee dae militêre vliegtuie naby 'n Amerikaanse vaartuig naby Suid-Amerika laat vlieg het. Dit volg ná Amerika vroeër die week…
Geskiedenis is Saterdag.in Namibiese skolerugby geskryf toe Privaatskool Moria van Outjo die eerste keer die onder-19 Superliga gewen het. Die dorp was 51 jaar gelede in die topliga se eindstryd. Moria het verdedigende kampioene Windhoek Hoërskool in 'n naelbytstryd met 55-40 geklop. Hulle was halftyd met sewe punte agter. WHS was…
Erge veldbrande woed steeds onverpoos op verskeie plase in die Khomas-streek en berigte van groot skade sirkuleer wyd op sosiale media en WhatsApp-groepe. Teen Saterdagaand het die brand na die Daan Viljoen-omgewing versprei. In die Khorixas-omgewing duur ‘n veldbrand reeds verskeie dae oor ‘n baie groot gebied. Terugvoering uit Kunene…
Namibië is op hoë gereedheidsgrondslag namate 'n ernstige bek-en-klouseer-uitbreking deur Suid-Afrika versprei, met meer as 270 gevalle wat in vyf provinsies aangemeld is. In reaksie hierop het die plaaslike Direktoraat van Veeartsenykundige Dienste reisregulasies verskerp en die invoer van alle produkte van gesplete hoefdiere sonder 'n veeartsenykundige invoerpermit verbied. In…
Huldeblyke vir Namibië se musiek-ikoon Ras Sheehama, wat sy eie lewe geneem het, stroom in. Volgens die polisie is Sheehama se liggaam Vrydagoggend in ‘n huis in Windhoek gevind. Daar was ‘n selfdoodbrief en die polisie vermoed geen vuilspel nie. As 'n baanbrekersfiguur in Namibiese musiek, sal Sheehama onthou word…
My F*k, Marelize – die Afrikaanse fliek wat oor ‘n Namibiese gesin handel – het reeds meer as ‘n miljoen rand by die loket in Suid-Afrika verdien en is boaan die lys van gewildste flieks in die buurland. Dit is die eerste keer sedert sedert 2016 dat ‘n Afrikaanse rolprent…
Amerika se president Donald Trump het Vrydag ‘n uitvoerende bevel in die Withuis geteken wat die Departement van Verdediging se naam na die Departement van Oorlog verander. Amerikaanse media verwag dit sal nagenoeg een miljard Amerikaanse dollar kos om die name te verander van honderde agentskappe, embleme, e-posadresse en uniforms…
Die DA sê die Mededingingskommissie se verslag oor lewenskoste bevestig die ANC het sedert 2020 'n mislukte elektrisiteitsbeleid gedryf met pryse wat met 68 persent opgegaan het, meer as dubbeld dié van inflasie. Die party voer aan gesinne word gedwing om tussen kos en elektrisiteit te kies. Die DA-lid, Kevin…
Namibië se Fifa-wêreldbekerdrome het Vrydag ‘n groot terugslag beleef toe die Brave Warriors hul wedstryd teen Malawi in Botswana met 2-1 verloor het. Die Warriors se volgende uitdaging wag Dinsdag op hulle wanneer Namibië teen São Tomé en Príncipe te staan kom. Afrigter Collin Benjamin het Vrydag ná die wedstryd…
5 Sep 11PM
1 min
160 – 180
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.