Die gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaar en fietsryer Elvis Blue reeds byna die helfte van die roete van 1 500 km van Stellenbosch na Windhoek voltooi om skoolgeld vir kinders in Namibië en Suid-Afrika in te samel. Sy Vrydag op sy fiets het só verloop:
Motorongelukke in die hoofstad het Vrydagaand die meeste van die Copps 94.1-span se tyd in beslag geneem. Veral padtekens en paaie waaraan gewerk word, het motoriste onverhoeds betrap. Senior inspekteur Silas Shipandeni van die Namibiese polisie doen verslag:
Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie het die lae rentekoers van 4 persent op lenings van die Nasionale Jeug-entrepreneurskapfonds verwelkom. Finansminister Ericah Shafudah het aangekondig dat die regering hierdie vaste koers as 'n vorm van gerigte lenings bekendstel om jong entrepreneurs te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met Nanso se president, Dorothea…
Die burgerregtegroep AfriForum vra 'n nasionale ondersoek na die polisie se betrokkenheid by veediefstal. Dit volg ná die inhegtenisneming van Konstabel Siyabonga Cindi van die veediefstaleenheid op Standerton, wat beskuldig word van die diefstal van beeste ter waarde van 450-duisend-rand. AfriForum het vorige veroordelings en inhegtenisnemings aangehaal van polisiebeamptes wat…
Hierdie September roep die Kankervereniging van Namibië die nasie op tot aksie met hul "Geel en Goud vir Kinderkankerbewustheid"-veldtog. Volgens die Kankervereniging staar vyf Namibiese gesinne elke week die hartseer van 'n kinder-kankerdiagnose in die gesig. Van kolwyntjieverkope tot gesinspretdae, is geleenthede regoor die land daarop gemik om fondse in…
Die Stampriet Akwifeer Uraanmynbouvereniging, Sauma, daag Tobie Aupindi, voorsitter van die parlement se Natuurlike Hulpbronnekomitee, uit nadat hy teenkanting teen 'n uraanmyn naby Leonardville afgemaak het as 'n gebrek aan wetenskaplike bewyse. Die vereniging sê daardie bewering is ver van die waarheid – en noem meer as 100 kundigeverslae wat…
Lede van alle vlakke van die Swapo-party, saam met senior regeringsamptenare en familielede, het by Ohakweenyanga Village No. 1 naby Ondangwa vergader vir die staatsbegrafnis van die omstrede voormalige leërhoof, Solomon ‘Jesus’ Hawala. Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, het Hawala tydens die seremonie geprys vir sy bydraes tydens die bevrydingstryd.
Die vakbondfederasie Saftu is woedend oor die toenemende werksverliese wat elke sektor van die land se ekonomie verwoes. ArcellorMittal SA sluit teen die einde van September wat tot 3 500 werksverliese sal lei. Die Ford Motor-maatskappy in Suid-Afrika gaan 474 mense aflê by sy aanlegte in Pretoria en Gqeberha. Saftu-woordvoerder,…
Gesondheidsowerhede in die Demokratiese Republiek van die Kongo het ʼn uitbreking van die Ebola-virus in die Kasai-provinsie verklaar. In Bulape en Mweka is 28 vermeende gevalle en 15 sterftes, insluitend vier gesondheidswerkers, aangemeld. Die land se vorige Ebola-uitbreking was in April 2022. Die Wêreldgesondheidsorganisasie se streeksdirekteur vir Afrika, Mohamed Janabi,…
Die amptelike opposisie IPC doen 'n beroep op 'n hersiening van die skoolvoedingsprogram nadat 'n vermoedelike voedselvergiftigingvoorval meer as 30 leerders in Kavango-Oos in die hospitaal laat beland het. Dit volg op 'n verslag van die onderwysminister, Sanet Steenkamp, wat die voorval by die Maria Mwengere Sekondêre Skool bevestig het…
'n Studie gelei deur die Walter Sisulu Universiteit het ontdek dat die byvoeging van groen Rooibos-ekstrak by kurperkos verbeter die groei van visgetalle en voedingdoeltreffendheid aansienlik. Die proefneming het kommersiële viskos vergelyk met voeding wat met gegiste Rooibos van die bekende rooi of ongegiste groen Rooibos-ekstrak aangevul is. Die studieleier,…
Veldbrande is steeds aan die gang naby Khorixas, met die Braunfels-gebied nou die middelpunt van kommer. Kunene-goewerneur Vipuakuje Muharukua het bevestig dat hoewel die vlamme rondom Fransfontein in bedwang gebring is, die brand in die Braunfels gebied oos en noord-oos versprei. Muharukua het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die…
Die Vryheidsfront Plus sê kinders van minderbevoorregte gemeenskappe in die Wes-Kaap leef weens bendegeweld elke dag in vrees. Tussen Oktober en Desember 2024 het 263 van die 294 bende-verwante moorde in dié provinsie voorgekom, wat neerkom op 90-persent van dié moorde landwyd. Grant Marais van die VF Plus sê dis…
Namibië se nasionale sokkerspan draf om twee-uur vanmiddag uit teen Malawi in Francistown, Botswana in ‘n toernooi om vir die Fifa-wêreldbeker te kwalifiseer, ‘n mylpaal wat die Brave Warriors tot dusver ontwyk het. Afrigter Collin Benjamin deel sy verwagtinge oor vanmiddag se stryd:
Onderwysminister Sanet Steenkamp het in die parlement beskuldigings van die AR-beweging se leier Job Amupanda betwis dat kinders in Kavango-Oos steeds onder bome skoolgaan. Amupanda het video's aanlyn gedeel waar leerders in Ndama onder bome sit vir klasse. Steenkamp het verduidelik dat daar vyf sulke onwettige skole in die dorp…
Die karkas van 'n jong boggelrugwalvis wat in die Walvisbaai-strandmeer dryf, wek kommer en nuuskierigheid. Sterk noordewinde, wat Maandag die eerste keer naby die seiljagklub ervaar is, het die walvis die strandmeer ingestoot, waar dit sedertdien saam met die getye beweeg het. Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia het aan…
Die DA in Gauteng sê die gesondheidsdepartement het duisende sakeondernemings in gevaar gestel deur sy onvermoë om fakture van meer as 5,1 miljard rand binne die vasgestelde 30 dae te betaal. Die departement het in die eerste kwartaal van die 2025/2026-boekjaar 1,621 miljard rand binne die vasgestelde 30 dae betaal…
Die sewemalige wêreldkampioen, Lewis Hamilton, sê ondanks sy straf op die wegspringrooster, is hy vuur en vlam vir die naweek se Italiaanse Grand Prix. Dit is sy eerste wedren in Monza vir Ferrari. Die Brit is in verlede naweek se Nederlandse Grand Prix met vyf plekke gestraf vir 'n geelvlag-oortreding…
Die Namibiese fietsryer Nabil Robiati het vroeg Donderdagoggend die uitmergelende Badlands-uithourit van 810 km in Spanje voltooi. Ná die bykans 91 uur wat dit hom geverg het om dié mylpaal by sy lys van vorige uithourit-suksesse te voeg, kon Robiati nie sy opgewondheid beteuel nie:
5 Sep 1AM
1 min
180 – 200
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.