Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1940 – 1960

Banyana-span van 26 vir Afrikabekertoernooi gekies

Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, het 'n finale span van 26 spelers aangekondig vir die Afrikabekertoernooi vir vroue wat volgende Saterdag in Marokko begin. Slegs 14 was in die span wat die toernooi drie jaar gelede gewen het. Die 17-jarige Casey Gordon en Bonolo Mokoma van die JVW-klub in…
25 Jun 2025 2AM 1 min

Uitvoerbaarheidstudies vir groenwaterstof vorder goed

Die beplanning vir die Globale Afrika-waterstofberaad wat in September gaan plaasvind, is goed aan die gang. Tydens 'n mediakonferensie oor die beraad het James Mnuype, die hoof van die Groenwaterstofprogram, 'n opdatering gegee oor hul uitvoerbaarheidstudies van 2,5 miljoen Namibiese dollar. Een van die studies kyk na 'n ammoniak kunsmisproduksieaanleg…
25 Jun 2025 1AM 1 min

Trump hou voet by stuk Iran se kernprogram is uitgewis

Die Amerikaanse president Donald Trump sê Iran sal nie weer sy kernprogram kan herbou na Amerika se aanvalle op sy belangrikste kerninstellings die naweek nie. 'n Broos skietstilstand tussen Israel en Iran het gisteroggend in werking getree. Beide kante het mekaar egter beskuldig dat hulle die ooreenkoms oortree het. Trump…
25 Jun 2025 1AM 1 min

Sardyne: Regering werk aan beheer

Die onwettige vang van sardyne het in weer in die Nasionale Vergadering opgeduik, nadat die landbouministerie onlangs 'n verklaring oor die kwessie gelewer het. Volgens omgewingminister Indileni Daniel word geen sardyne wettig gevang nie weens die moratorium daarop om die bevolking te laat herstel. Sy sê die regering werk daaraan…
25 Jun 2025 12AM 1 min

Duckett lei Engeland na geskiedkundige oorwinning in eerste toets teen Indië

Engeland het 371 lopies gejaag om 'n vyf-paaltjie oorwinning teen Indië in hulle eerste toets in Headingley. Die speler van die wedstryd, Ben Duckett, het 149 aangeteken in 'n openingsvennootskap van 188 met Zak Crawley. Dit was Engeland se tiende suksesvolste lopiejaagtog in toetsgeskiedenis. Indië het 471 en 364 aangeteken,…
25 Jun 2025 12AM 1 min

Grossi wil Iran se fasiliteite inspekteur

Die hoof van die Verenigde Nasies se Internasionale Atoomenergie-agentskap, Rafael Grossi, sê die wapenstilstand tussen Iran en Israel sal hopelik die deur open vir hernieude samewerking oor Iran se kernprogram. Agentskapinspekteurs het dwarsdeur die konflik in Iran gebly. Grossi sê daar was uitgebreide skade by verskeie kernterreine in Iran, insluitend…
24 Jun 2025 11PM 1 min

Swapo moet ophou om sy manifes op opposisie af te dwing

LPM-leier Bernadus Swartbooi sê die sentrale regering is nie die enigste regering nie, maar bestaan ook uit streek- en plaaslike owerhede, en moet dus samehangend funksioneer. Hy het Swapo ontmoedig om sy manifes op opposisiepartye, veral op plaaslike en streeksvlak, af te dwing.
24 Jun 2025 11PM 1 min

BKS: DA sê alle regulasies moet nagekom word

Die DA sê sterk toesig en fisiese beheermaatreëls is uiters belangrik in die stryd teen bek-en-klouseer. Alhoewel die party die Departement van Landbou se inentingsprogram verwelkom, waarsku hy dat entstowwe alleen nie die siekte sal keer nie. Willie Aucamp van die DA vra vir streng toepassing van die nuwe regulasies,…
24 Jun 2025 10PM 1 min

Von der Leyen sê oorlog-dreigement is eg

Die Navo-beraad is tans aan die gang in Den Haag in Nederland te midde van spanning in die Midde-Ooste. Daar word verwag dat lidlande, ingevolge president Donald Trump se opdrag, 5 persent besteding op verdediging sal goedkeur. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, het die afgevaardigdes…
24 Jun 2025 10PM 1 min

Mosie om Trump in staat van beskuldiging te plaas

'n Kongreslid van die Demokrate, Al Green, het 'n mosie ingedien ten einde president Donald Trump in 'n staat van beskuldiging te plaas en beskuldig hom van die misbruik van sy magte. Hy sê die president het die skeiding van magte geminag deur die Kongres te omseil en oorlog te…
24 Jun 2025 10PM 1 min

Varkbedryf se uitdagings is veelvuldig

Die Namibiese varkboerderybedryf het sedert Mei verlede jaar uitdagings ervaar en het in Mei vanjaar ’n 0,34 persent inkrimping op 'n jaargrondslag getoon, met 4 383 varke wat plaaslik geslag is. Dit was egter ’n maand-tot-maand-toename van 3,47 persent vergeleke met die 4 236 varke wat in April geslag is…
24 Jun 2025 9PM 1 min

B2 tussen Usakos en Swakop draai in die parlement

Die opgradering van die pad tussen Usakos, Arandis en Swakopmund het in die Nasionale Vergadering ter sprake gekom. Die IPC se skadu-werkeminister Nelson Kalangula wou by werkeminister Veikko Nekundi weet wanneer die werk voltooi sal wees, en hoekom die pad nie uit die staanspoor 'n dubbelbaan gemaak word nie. Dit…
24 Jun 2025 9PM 1 min

Polisie ondersoek man wat kind hookah-pyp laat rook

Maatskaplike welsyn-minister Emma Kantema het 'n video op sosiale media veroordeel waar 'n man gesien word hoe hy 'n jong meisie, vermoedelik sy dogtertjie, dwing om 'n hookah-pyp te rook. Die polisie ondersoek twee klagte, van oortreding van die Wet op Kindersorg en Beskerming, asook van die Wet op die…
24 Jun 2025 8PM 1 min

86 Palestyne wat kos soek Dinsdag gedood

Israeliese magte het Dinsdag minstens 86 Palestyne in Gaza doodgemaak, waaronder 56 naby hulpverspreidingsentrums, volgens mediese bronne in hospitale. Die Verenigde Nasies waarsku ook dat kinders in Gaza van dors kan begin sterf indien Israel se meer as 100-dae brandstof-blokkade nie gelig word nie. Stéphane Dujarric, 'n woordvoerder van die…
24 Jun 2025 8PM 1 min

So kan boere na-oes skade aan grane stopsit

Namibiese boere sien hierdie seisoen uit na goeie graan-oeste, danksy normale tot bogemiddelde reënval regoor die land in die plantseisoen. Kleinboere het begin met die dors van stapelvoedselgrane soos mahangu, mielies en sorghum, terwyl hulle ook voorberei op opberging. Baie ly egter steeds na-oes verliese weens swak beplanning en onvoldoende…
24 Jun 2025 8AM 1 min

DA prys Steenhuisen wat broodprys-verhoging verhoed

Die DA sê hy is trots op die oorwinning van die landbouminister, John Steenhuisen, wat die styging van die broodprys sal verhoed. Die party sê die minister het 'n vorige reëling geïdentifiseer en beëindig waar 'n verskaffer gemagtig word om gehalte-inspeksies van brood en graan by kleinhandelaars dwarsdeur die land…
24 Jun 2025 8AM 1 min

Ithete gaan met Nida vergader oor probleme, klagtes

Die probleme by die Namibiese Industriële Ontwikkelingsagentskap, Nida, het in die Nasionale Vergadering ter sprake gekom. Die AR-leier Job Amupanda wou by adjunk-eerste minister Natangue Ithete weet of hy bewus is van die vele klagtes oor Nida. Ithete het so geantwoord.
24 Jun 2025 7AM 1 min
1940 – 1960