Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1960 – 1980

Groot skuld dalk nie Nsfaf se fout nie, vrae oor gratis hoër onderwys

Reaksie word ontvang op die nuus dat die Namibiese Studente-hulpfonds, Nsfaf, ‘n gekwalifiseerde ouditopinie by die ouditeur-generaal Junias Kandjeke ontvang het vir die 2023-24 boekjaar. Kandjeke het sy kommer uitgespreek oor standaard prosedures by die fonds wat nie goedgekeur is nie en gedateer is. Dit, ten spyte van die feit…
24 Jun 2025 7AM 1 min

Verbod op SA mieliesaad opgehef

Die landbouministerie het die verbod op die invoer van mieliesaad uit Suid-Afrika opgehef. Dit is ingestel weens die opsporing van Goss se verwelking en opgedateerde fitosanitêre invoervereistes is nou in plek om die verspreiding voorkom. Lanbou-woordvoerder Simon Nghipandluwa, het meer.
24 Jun 2025 6AM 1 min

AfriForum soek Zuma se bates

AfriForum beplan om lasbriewe te bekom om beslag te lê op oudpresident Jacob Zuma se bates weens sy versuim om meer as 500-duisend Suid-Afrikaanse rand se regskostes te betaal. Die kostes hou verband met sy onregmatige mediese parooluitspraak in 2021. Slegs een betaling is ontvang, ondanks bevele van die Hooggeregshof…
24 Jun 2025 6AM 1 min

Belê in Namibië, hoor VSA-Afrika Sakeberaad

Beleggings het onder die loep gekom by die VSA-Afrika Sakeberaad, wat in Luanda, Angola, plaasvind met ‘n sessie, "Belê in Namibië". President Netumbo Nandi Ndaitwah, het die hoofrede gelewer en die vermindering in korporatiewe belasting aangekondig wat op 1 April 2025 van krag gekom het.
24 Jun 2025 5AM 1 min

Israel moet nou kalmeer, sê vies Trump

Amerikaanse president Donald Trump het met die media gepraat net voor hy vertrek het na die Navo-beraad in Brussel. Hy het die skietstilstand en moontlike oortredings daarvan vanoggend aangespreek. Dit kom na Israel se verdedigingminister, Israel Katz, die Leër opdrag gegee het om te reageer nadat die Weermag inkomende Iranse…
24 Jun 2025 5AM 1 min

Windhoek se tariefverhogings lok steeds reaksie uit

In reaksie op die Stad Windhoek se aankondiging van tariefverhogings, het gemeenskapsaktivis Shaun Gariseb frustrasie uitgespreek en gesê die stad poog slegs om finansieel voordeel te trek ten koste van inwoners. Hy het die stad se verwagting van openbare goedkeuring gekritiseer, ten spyte van die las wat dit op gemeenskappe…
24 Jun 2025 3AM 1 min

Junior Bokke op pad na Italië

Die Junior Springbokke is op pad na Verona in Italië vir finale voorbereidings vir die 2025 Wêreld Rugby Onder-20 kampioenskap wat Sondag begin. Hulle eerste wedstryd is teen Australië, gevolg deur harde en opwindende wedstryde teen Engeland en Skotland. Slot JJ Theron het die groep se trots om Suid-Afrika te…
24 Jun 2025 3AM 1 min

Van Vuuren sê oor inheemse kennis, Londense reis

Marlice van Vuuren van die N/a’an ku sê-stigting het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die uitnodiging na die komende Harmony Summit, aangebied deur The King’s Foundation op 7 Julie by Highgrove House and Gardens in Gloucestershire, in die Verenigde Koninkryk. Die Harmony Summit sal fokus op die deel van…
24 Jun 2025 3AM 1 min

Beleggings: Afrika suid van die Sahara suip aan agterspeen

Wêreldbank-navorsing toon dat Afrika suid van die Sahara slegs 5 persent van die wêreldwye buitelandse beleggingsinvloei tussen 2012 en 2023 ontvang het. Dit was die laagste onder ontwikkelende streke. Buitelandse beleggings, eens die sleutel tot groei in ontluikende markte, het gedaal tot ongeveer 2 persent van die BBP, af van…
24 Jun 2025 2AM 1 min

Tot 20mm reën kan in Suide ontvang word

Die plaaslike weerkenner, George van der Merwe, sê met die groot kouestelsel wat môre namiddag in die land aankom, sal winde in aanloop sterker word met ‘n brandgevaar. Hy sê verder daar is ook ‘n goeie kans vir buie van tot 20mm vanaf Aus na Lüderitz en verder Suide. Van…
24 Jun 2025 2AM 1 min

As skietstilstand hou, wen almal, ook markte

Brent ru-olie verhandel uiters wisselvallig vandag. Die kommoditeit het handel Maandag teen amper 80 Amerikaanse dollar ‘n vat geopen en vanoggend gedaal met die aankondiging van die skietstilstand tussen Israel en Iran. Daarna het dit weer begin styg. Die bekende ekonoom Dawie Klopper het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en…
24 Jun 2025 2AM 1 min

Dodetal in Oos-Kaap styg tot 95

Die dodetal in die Oos-Kaapse oorstromings het tot 95 gestyg terwyl soek- en reddingsoperasies met behulp van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag voortduur. Ses-en-tagtig van die liggame wat gevind is, is deur families uitgeken en die proses om die res te identifiseer, gaan voort. Die provinsiale woordvoerder, Khuselwa Rantjie, sê regeringsinstellings…
24 Jun 2025 2AM 1 min

'Trump kan Oekraïne oorlog dan ook vinnig oplos'

Die voormalige adjunk-opperbevelvoerder van Navo, die afgetrede generaal, sir Richard Shirreff, sê die aandag moet verskuif na die Oekraïne. In ‘n onderhoud met SkyNews sê Shirreff as president Donald Trump wonderbaarlik 'n skietstilstand tussen Israel en Iran kan bewerkstellig, dan behoort hy sy aandag behoorlik te vestig op wat in…
24 Jun 2025 2AM 1 min

NaCC op streeksbesoek vandeesweek

Die Namibiese Mededingingskommissie sal van 26 tot 27 Junie inligtingsessies aanbied in Omaruru, Karibib en Usakos. Inligting oor die tye waarop die sessies sal plaasvind kan op die kommissie se Facebook-bladsy gevind word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dina Gowases, die kommissie se woordvoerder.
24 Jun 2025 1AM 1 min

SAPD, onderwys rol veiligheidsprotokolle by skole uit, 28 moorde in 2023/24

Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, en die Minister van Polisie, Senzo Mchunu, sal vandag die Veilige Skole-protokol in Kaapstad bekendstel. Die departement se woordvoerder, Terence Khala, sê die protokol pak toenemende geweld aan, wat 28 moorde by skole in 2023/2024 insluit; bevorder samewerking tussen skole en die polisie;…
24 Jun 2025 1AM 1 min

Blitsbokke vat Afrika-beker

Die Springbok Sewes ‘A’-span is die Rugby Afrika Seweskampioen na ‘n oortuigende oorwinning van 26-12 oor Madagaskar in die eindstryd in Mauritius. Suid-Afrika het Groep B met Burkina Faso, Zambië en Nigerië oortuigend gewen. In die kwarteindronde het hulle die verdedigende kampioen, Uganda, 26-0 geklop voordat hulle ‘n moeisame oorwinning…
24 Jun 2025 12AM 1 min

Vroeë waarskuwingstelsels kritiek vir Afrika

Die tweede Gesamentlike Forum oor Klimaatdienste en Ruimte vir Vroeë Waarskuwings in Afrika is in die hoofstad die gang. Dit word gehou met die tema Versnelde toegang tot Klimaat- en Weerdienste vir Veerkragtige Afrika-ekonomieë en Gemeenskappe. Die forum werp lig op die uitwerking van die ClimSA-program op klimaatgegronde beleid en…
24 Jun 2025 12AM 1 min

Loteryraad: DA soek antwoorde

Die DA sal vandag in die Parlement die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau en die Nasionale Loterykommissie ondervrae, oor die omstrede toekenning van 'n loterylisensie ter waarde van 60 miljard Suid-Afrikaanse rand aan Sizekhaya Holdings. Die lotery se wen-tenderaar is na bewering verbind met adjunkpresident Paul Mashatile…
23 Jun 2025 11PM 1 min
1960 – 1980