President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê die bewaring van kultuur beskerm die nasionale identiteit en bemagtig die nasie. In 'n toespraak wat namens haar deur justisieminister Fillemon Wise Immanuel by die Ehao kulturele skou gelewer is, het sy die geleentheid geprys vir die bevordering van beide kultuur en besighede, terwyl dit geleenthede…
Die Withuis sê president Donald Trump het bloot 'n vraag gevra toe hy voorgestel het dat daar 'n regeringsverandering in Iran moet wees. In 'n sosialemedia-plasing Sondag, het Trump geskryf as die huidige Iranse regime nie in staat is om Iran weer groot te maak nie, waarom sou daar nie…
Die Oklahoma City Thunder is die 2024-2025 NBA-kampioene nadat hulle die Indiana Pacers 103-91 in wedstryd 7 van die NBA-eindstryd in Oklahoma verslaan het. Dit is die franchise se eerste titeloorwinning sedert hulle in 2008 van Seattle na Oklahoma City verhuis het. Die NBA se mees waardevolle speler van die…
Die onderwysministerie gebruik 'n Edu-bewaringsbeleid-impak wat deur die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling in Namibië bestuur word. Dit is 'n pan-Afrika bewaringsprogram om die bewaringsboodskap in skole te versprei. Die instituut het ook 'n gereedskapstel vir onderwysers saamgestel om die program suksesvol te implementeer. Die instituut se direkteur, dr. Patrick…
Wêreld-oliepryse het in Junie gestyg as gevolg van die toenemende konflik in die Midde-Ooste. In onlangse weke het veral die koste van diesel raffinering skerp gestyg. Gevolglik sal Namibië waarskynlik onderverhalings in plaaslike brandstofpryse vir Julie in die gesig staar, wat beteken 'n moontlike styging in brandstofpryse. Kosmos 94.1 Nuus…
Die droë wintermaande is tradisioneel 'n tyd wanneer veldbrande gereeld voorkom. Kundiges waarsku al lank dat hierdie brand-seisoen baie skade kan aanrig, weens die welige veld na die somer se goeie reënval. Die groot vuur wat tussen Khorixas en Sorris Sorris woed het volgens berigte gistermiddag reeds meer as 3…
Die Gesamentlike Grondwetlike Hersieningskomitee het 'n voorstel verwerp om Swahili 'n amptelike taal te maak, en sê dis 'n beleidsaangeleentheid en nie 'n grondwetlike wysiging nie. Die voorstel om alle Hoofstuk 9-instellings in een liggaam saam te smelt, is ook verwerp. Die komitee het bevind hierdie nalatenskapvoorstelle uit 2023 val…
Iran het Maandagaand missiele gelanseer na Amerika se Al Udeid lugmagbasis naby Doha in Katar. Iran sê dit was in weerwraak vir Amerika se aanvalle op sy kern-fasiliteite. Dit is nie duidelik of enige van die missiele die basis getref het nie. Die regering van Katar sê niemand is gewond…
Josef Kauandenge het onlangs die Vereniging vir Plaaslike Belange, bekend as Asoli, bekend gestel. Hy wil deelneem aan die plaaslike owerheidsverkiesings later vanjaar en sou eers net in Windhoek deelgeneem het maar, dit wil voorkom as Asoli uitgebrei het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Kauandenge oor die jongste.
Rugby: Die All Blacks se afrigter, Scott Robertson, het vyf nuwelinge ingesluit by sy groep van 33 vir volgende maand se drie tuistoetse teen Frankryk, met Scott Barrett wat terug is as kaptein. Die nuwelinge is Brodie McAlister, Ollie Norris, Fabian Holland, Du'Plessis Kirifi en Timoci Tavatavanawai. Samisoni Taukei’aho en…
Adjunk-onderwysminister Dino Ballotti het die publiek verseker dat die beplande gratis tersiêre onderwys by staatsinstellings nie studente wat by private instellings ingeskryf is, sal benadeel nie. Hy het gepraat by die opening van die nasionale taakmag oor gratis onderwys in tersiêre instellings se eerste vergadering. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat…
Volgens die Kamer van Mynwese gaan produksie by die Uis Andrada-myne suksesvol voort. Tans produseer die Uis-myn jaarliks ongeveer 1 000 ton tinkonsentraat. Die maatskappy berei voor om dit tot 1 600 ton per jaar te verhoog. Tydens die regering se inligtingsessie het dr. Mupenzeni Ntelamo, die hoofstreeksbeampte van die…
‘n Beroep word gedoen vir enige vorm van hulp om die reuse-vuur tussen Khorixas en Sorris Sorris, in die rigting van Uis, te help beheer of blus. Daar is volgens plasings op sosiale media reeds meer as 3 000 hektaar welige veld vernietig en daar waai ook 'n sterk wind…
Old Mutual Investment Group Namibia het die Worldwide Equity Unit Trust Fund bekend gestel, ‘n nuwe beleggingsproduk wat blootstelling aan wêreldmarkte bied. Die fonds gebruik die MSCI se wêreld-indeks vir alle lande as maatstaf. Die MSCI sluit meer as 2 500 genoteerde maatskappye in 47 ontwikkelde en ontluikende lande in…
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika is senuweeagtig oor die VSA se toetrede tot die Israel-Iran-oorlog. Amerika het oor die naweek drie belangrike kernfasiliteite in Iran aangeval. Die operasie het 125 Amerikaanse militêre vliegtuie betrek, insluitend sewe B-2-Stealth-bomwerpers. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Suid-Afrika het gehoop president Donald Trump gebruik…
Gholf: Die Amerikaner Keegan Bradley reken hy speel tans die beste gholf van sy loopbaan. Die kaptein van die Amerikaanse Ryder-bekerspan het die Travellers-kampioenskap met 15 onder baansyfer gewen. Tommy Fleetwood van Engeland en die Amerikaner Russell Henley was saam tweede op 14 onder, gevolg deur die Australiër Jason Day…
'n Groot aantal siek kameelperde sowel as vrektes oor 'n groot deel van die land word sedert middel April aangemeld, van Okahandja tot in Etosha. Die diere lyk onder andere lusteloos, hulle ore hang, reageer nie op voertuie of mense nie, het afskeidings om die oë en sommige kom blind…
Amerika se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Dorothy Shea, waarsku dat enige Iranse aanval op Amerikaanse burgers of basisse verwoestende gevolge sal ontlok. Spanning in die Midde-Ooste het die naweek skerp toegeneem nadat Amerika drie Iranse kernaanlegte aangeval het. Shea het aan die VN-veiligheidsraad gesê die Iranse regering is die…
Die DA doen ʼn beroep op die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging om die nodige wetgewende en regulatoriese hervormings te bespoedig om Suid-Afrika se geskiedkundige gebrek aan mededinging dringend te hanteer. Die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling se jongste verslag oor Suid-Afrika het bevind dié land het die…
23 Jun 2025 3AM
1 min
1980 – 2000
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.