Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2000 – 2020

Danon sê Trump het bestaanskrisis afgeweer

Israel se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Danny Danon, beweer Iran se kernprogram is nie bedoel vir energie nie, maar vir dood en verwoesting. Dit ten spyte van Teheran se volgehoue versekering dat hy nie ʼn kernbom bou nie. Danon het Sondag tydens ʼn noodvergadering van die Verenigde Nasies se…
23 Jun 2025 3AM 1 min

Karan, bek-en-klou, en Namibië se speenkalfprodusente

Die Namibiese Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad waarsku boere om versigtig te wees in verband met bek-en-klouseer-uitbrekings in Suid-Afrika. Karan Beef het bevestig dat drie van hul voerkrale – in Heidelberg, Nigel en Albert Falls – geraak is. Alle speenkalf-aankope uit Namibië is opgeskort. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike…
23 Jun 2025 3AM 1 min

Ons gaan baie koud kry

'n Baie sterk koue front word vanaf Woensdag verwag met kanse op ligte reënval in die suidelike streke, en dalk selfs sneeu. Temperature sal na verwagting skerp daal, tot onder vriespunt. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan van den Berg, weerkenner van Suid Afrika gesels wat meer inligting gee.
23 Jun 2025 3AM 1 min

Iran: Kenner sê wat GRN moet doen

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, het Amerika se aanvalle op kernfasiliteite van Iran Sondag as uiters kommerwekkend beskryf en ‘n beroep op lidlande gedoen om die situasie te de-eskaleer. Bondgenote van Iran het Sondag hul steun aan Iran bevestig en Amerika se aanvalle veroordeel. Kosmos 94.1 Nuus…
23 Jun 2025 3AM 1 min

Jongmense moet transformasie lei - Swartbooi

Tydens die LPM Jeugbevel-geleentheid in Keetmanshoop het partyleier Bernadus Swartbooi jongmense aangespoor om maatskaplike verandering te lei. Hy het die jeug aangemoedig om toegewyd te bly ten spyte van uitdagings.
23 Jun 2025 2AM 1 min

NTTA-kampioene sê oorwinning beteken baie

Die Namibiese Tafeltennisvereniging het sy Nasionale Senior Ope Kampioenskappe gedurende die naweek by Wanderers aangebied, 'n belangrike geleentheid voor die komende Streek 5 Jeugspele. Die Suid-Afrikaanse sterre Keenan Jooste en Jodie Galant het die kollig gesteel, wat die dubbelspeltitel op oorheersende wyse verower het. Kosmos 94.1 Nuus het met Jooste…
23 Jun 2025 2AM 1 min

DA boos oor planne om Gauteng voedselbank te sentraliseer

Die DA in Gauteng sê hulle verwerp die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se plan om voedselbanke te sentraliseer deur die verspreiding van voedselpakkies van 288 organisasies sonder winsbejag en vyf streeksvoedselbanke na 'n sentrale voedselbank te verskuif. Refiloe Nt'sekhe van die DA sê die plan om 'n sentrale voedselbank te…
23 Jun 2025 1AM 1 min

Iran sê VN moet ingryp

Iran se Ministerie van Buitelandse Sake waarsku Israel en Amerika se aanvalle laat die Midde-Ooste in ʼn gevaarlike posisie. Amerika beweer hy het Iran se kernprogram vernietig nadat hy die naweek drie terreine aangeval het. Die ministerie vra dat die Verenigde Nasies, die VN-Veiligheidsraad en ander liggame soos die Internasionale…
23 Jun 2025 1AM 1 min

ActionSA wil plaaslike regering herstel

ActionSA sê hulle gaan vandag 'n intensiewe landwye veldtog in Alexandra, Johannesburg, bekendstel, vir die herstel van plaaslike regering in Suid-Afrika. Die party sê die bekendstelling sal plaasvind in 'n gemeenskap wat, soos baie ander regoor Suid-Afrika, verwaarloos en agtergelaat is. Zwelithini Mtshali van ActionSA sê in die komende maande…
23 Jun 2025 12AM 1 min

LLPB sê oor veebrandmerk-registrasies

Sedert Julie 2023 werk die direktoraat veeartsenydineste en die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad daaraan om produsente-inligting in NamLITS op te dateer weens baie onaktiewe veebrandmerke Die finale sperdatum vir verifikasie was 25 April vanjaar en ongeverifieerde brandmerke word nou gedeaktiveer. Die raad sê indien ‘n brandmerk verkeerdelik gedeaktiveer is, moet…
23 Jun 2025 12AM 1 min

So ervaar Namibiërs openbare gesondheid

Cirrus het onlangs 'n opname gedoen om te bepaal hoe Namibiërs gesondheidsorg in die land beskou. 'n Oorweldigende meerderheid van die respondente in die noordelike streke was meestal ontevrede en sê dat die openbare fasiliteite swak is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Cirrus-ekonoom Tannan Groenewald, wat meer oor…
22 Jun 2025 11PM 1 min

Guterres vra vir einde aan geweld en onderhandeling in die Midde-Ooste

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê die Amerikaanse aanval op Iranse kernfasiliteite dui op 'n gevaarlike wending in die Midde-Ooste, 'n streek wat nie nog 'n siklus van vernietiging kan deurstaan nie. Guterres het 'n beroep gedoen op 'n staking van gevegte en 'n terugkeer na ernstige,…
22 Jun 2025 11PM 1 min

Iranse gesant by VN veroordeel aanvalle

Iran se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Amir Saeid Iravani, beskuldig Amerika dat hy kies om sy eie veiligheid roekeloos op te offer om Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, te beskerm. Amerika het die naweek Iranse kernaanlegte aangeval en Teheran het gewaarsku die gevolge gaan onherstelbaar wees. Iravani het…
22 Jun 2025 10PM 1 min

Sadou sê skoolbeheerliggame moet toepassing van Bela-wetregulasies eis

Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie het weer vir sy lede in skoolbeheerliggame landswyd gevra om die onwettige riglyne vir die instelling van die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette te ignoreer. Dit volg nadat die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, riglyne oor skooltale en toelatings vrygestel het. Sadou se woordvoerder, Nomusa Cembi,…
22 Jun 2025 10PM 1 min

Goewerneur bepleit veilige ruimtes vir seuns

Die goewerneur van Oshikoto, Sacky Kathindi, het 'n beroep gedoen op veilige ruimtes waar seuns en mans kan praat en gehoor kan word. Hy het tydens die bekendstelling van die #EndGBVNamibia-veldtog in Omuthiya die noodsaaklikheid beklemtoon om seuns te leer dat ware krag lê in die soeke na hulp en…
22 Jun 2025 10PM 1 min

Iran sluit Straat van Hormuz, oliepryse skiet op

Iran se parlement het Sondag in beginsel besluit om die Straat van Hormuz, die vernaamste uitvoerroete vir olieprousente, te sluit ná Amerika kernfasiliteite in dié land aangeval het. Brent het op 80 Amerikaanse dollar ‘n vat handel geopen en verhandel tans net bo 78 dollar . Afhangende van hoe die…
22 Jun 2025 9PM 1 min

IPC eis deursigtigheid na N$2m se reistoelae

Namibiese amptenare se reistoelaes is weer onder skoot. Omgewingsminister Indileni Daniel het belowe om ondersoek in te stel na lede van die Namibiese Toerismeraad wat 2 miljoen Namibiese dollar in net vyf maande geëis het, ondanks swak instandhouding van kampe soos Namutoni. Sy het gereageer op ‘n vraag van die…
22 Jun 2025 9PM 1 min

DA slaag in 98% van sy landbou-teikens in Wes-Kaap

Die DA in die Wes-Kaap sê die provinsiale Departement van Landbou het 98-persent van sy jaarlikse prestasieteikens vir die 2024/2025-boekjaar bereik. Die party sê die indrukwekkende resultaat is 'n bewys dat die departement sy mandaat nakom om boere en die landbousektor te ondersteun. Noko Masipa van die DA sê of…
22 Jun 2025 8PM 1 min

Iran: Hegseth vol lof vir Trump

Die Amerikaanse minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê hulle het daarin geslaag om Iran se kernambisies uit te wis. Die Iranse Atoomenergie-organisasie sê die aanval op van die kernterreine was 'n barbaarse skending van internasionale reg. Hegseth sê baie presidente het gedroom om die finale slag teen Iran se kernprogram…
22 Jun 2025 8PM 1 min

Korrupsie is verraad, sê Ngurare 

Eerste minister Elijah Ngurare het in die Nasionale Vergadering beklemtoon dat korrupsie as verraad beskou moet word, en president Nandi-Ndaitwah se opmerkings in haar intreerede herhaal. Hy het bygevoeg dat betekenisvolle verandering moontlik is as almal beslissende stappe doen om korrupsie uit te roei. 
22 Jun 2025 3AM 1 min
2000 – 2020