Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het president Donald Trump geprys ná Amerika se aanvalle op Iran se kernfasiliteite en gesê dit help baan die weg na vrede en vooruitgang in die Midde-Ooste. Israel is ná die aanvalle vroeg vanoggend op ‘n hoë gereedheidsgrondslag geplaas en net noodsaaklike bedrywighede mag…
China gaan tariewe vir 53 Afrikalande waarmee hy bande het skrap en belastingvrye toegang uitbrei om middelinkomstelande soos Namibië in te sluit. Die stap is daarop gemik om Afrika-uitvoere te bevorder en China se handelsoorskot van 62 miljard Amerikaanse dollar met die vasteland te verminder. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie…
RISE Mzansi sê hy het sy stryd teen onwettige dobbelary en vir dobbelhervorming na die land se wetstoepassingsagentskappe geneem. RISE Mzansi se woordvoerder, Mabine Seabe, sê die Valke werk daaraan om die plaag van onwettige dobbelary in Suid-Afrika te bekamp. Hy sê die party sal nie rus totdat daar dobbelhervorming…
Statistiek Suid-Afrika sê meer as 8 000 siviele vonnisse vir skuld is in April aangeteken met 'n totale waarde van 221 miljoen rand. Dit is 19,5 persent laer as dieselfde tydperk verlede jaar. Die grootste afnames was in geleende geld, skriftelike beloftes, dienste en ander skuld. Onica Mushwana van Stats…
Die ministerie van elektrisiteit en energie sê die Suid-Afrikaanse Hernubare Energie-meesterplan sal industrialisasie en vaardigheidsontwikkeling in die hernubare energiesektor aanmoedig. Die plan, wat verlede week gedurende die Afrika Groenwaterstof-beraad in Kaapstad bekend gestel is, beoog om plaaslike vervaardiging te ondersteun, die waardekettings vir batteryberging uit te brei en die inklusiewe…
Daar word erge koue vir laat volgende week voorspel weens 'n sterk kouefront wat op pad is. Ligte sneeu kan ook moontlik in die Suide val. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Emilie Abraham, die Namibiese Akkerbouraad se bestuurder van tuinbou-ontwikkeling, wat raad het vir boere om hul plante teen…
Namibië se Welwitschias het Saterdagmiddag voor die golf van die gedugte Airlink Pumas in die Hage Geingob Stadion in Windhoek geswik. Die Pumas het dié vriendskaplike wedstryd met 59-19 gewen. Onderkaptein Danco Burger sê daar was meer positiewes as negatiewes in die wedstryd en dat die Welwitschias op die regte…
Amerika het Saterdag ‘n reuse-lugaanval met B-2-bomwerpers op Iran se drie vernaamste kernterreine, Fordow, Natanz en Isfahan geloods. Iran het voorheen belowe om terug te slaan as die VSA by Israel se aanval aansluit, maar daar was geen amptelike verklaring deur Teheran se leiers sedert die VSA-aanval nie. Intussen het…
Hentiesbaai het weer deurgeloop onder 'n wateronderbreking as gevolg van die vandalisme van 13 Erongo RED-kragpale en diefstal van koperkabels op 16 Junie, wat die krag na die Omdel-boorgate afgesny het. Uis is ook geraak deur 'n aparte kabeldiefstal, met sy reservoir op 40 persent en watertenkwaens wat ontplooi is…
Suid-Afrika se Formule Een-bodkomitee sal binnekort sy voorkeur-promotor vir die voorgestelde Grand Prix aan die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, voorlê. Die internasionale beheerliggaam, die F-I-A, het Kyalami in Johannesburg goedgekeur as 'n Graad Een-renbaan, die hoogste standaard vir Formule Een. Woorvoerder Mlimandlela Ndamase sê die opgraderings…
Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago is amptelik as die 16de kansellier van Universiteit Stellenbosch ingehuldig. Die seremonie het gister in die Endler-saal op die universiteitskampus plaasgevind en is bygewoon deur hooggeplaastes, personeel en studente. Kanyago het tydens die seremonie gesê dit is 'n eer om die rol…
Die Namibiese Lewendehaweraad het plaaslike boere gemaan om bedag te wees op die uitbreking van bek-en-klouseer in Suid-Afrika. Karan Beef, wat maandeliks duisende speenkalwers uit Namibië invoer, het Vrydag bevestig dat hulle nou uitbrekings by drie van hul voerkrale het – by Heidelberg en Nigel in Gauteng, asook by Albert…
Die minister van landbou, John Steenhuisen, het Suid-Afrikaners gerusgestel dat rooivleis in die land veilig is nadat bek-en-klouseer nou ook na die Noordwes-provinsie versprei het. 'n Tweede bestelling entstowwe is sedertdien by die Botswana-entstofinstituut aangekoop, nadat die eerste besending vroeër die week aangekom het. Steenhuisen het Suid-Afrikaners gerusgestel dat rooivleis…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Vrydagaand na Namibië teruggekeer ná ‘n hoflikheidsbesoek aan haar Suid-Afrikaanse eweknie Cyril Ramaphosa in Pretoria. Nandi-Ndaitwah het reeds soortgelyke besoeke aan ander buurlande gebring sedert sy as staatshoof ingehuldig is. Kort ná haar aankoms in Windhoek het sy die belangrikheid van goeie betrekkinge met Suid-Afrika beklemtoon.
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika en Namibië deel 'n gemeenskaplike visie oor kwessies rondom die politieke en ekonomiese integrasie van die Afrika-vasteland. Ramaphosa het die Namibiese president Netumbo Nandi-Ndaitwah op 'n hoflikheidsbesoek by sy ampswoning in Pretoria, Mahlamba Ndlopfu, ontvang. Hy sê beide lande streef na Afrika se hernuwing, suidelike…
Die Welwitschias kom vanmiddag teen Suid-Afrika se Airlink Pumas op die Hage Geingob-stadion te staan. Die Pumas is 'n gedugte span en die manne sal moet uithaal en wys. Die wedstryd skop om drie-uur af. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jacques Burger, die nuwe Welwitschias afrigter, direkteur van die…
Die Copps 94.1-span het ‘n bedrywige Vrydagaand in die hoofstad agter die rug met voorvalle wat gewissel het van ‘n asma-aanval in ‘n mobiele polisiestasie tot ‘n motorongeluk. Francois Lottering was soos altyd op sy Copps 94.1-pos en doen verslag:
Die werksomstandighede waarin sekuriteitswagte verkeer is tans in die nuus in die land. Dit kom na Celeste Muhunduru, nasionale administrateur vir die Sekuriteitsvereniging van Namibië en die Namibiese Veiligheidsarbeidsforum die kwessies in die media opgehaal het. Kosmos 94.1 Nuus het met Mhunduru gesels.
20 Jun 2025 8AM
1 min
2020 – 2040
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.