Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2060 – 2080

Het IAEA-verslag bygedra tot Israel se aanval?

Neave Barker van AlJazeera het ‘n onderhoud gevoer met Rafael Grossi, direkteur-generaal van die Internasionale Atoomenergie-agentskap. Dit was kort na die vrystelling van sy verslag oor Iran, met kommentaar dat die land nie heeltemal deursigtig was nie dat, Israel Iran aangeval het. Barker wou weet of die verslag bygedra het.
20 Jun 2025 1AM 1 min

Outa sê onetiese en swak leierskap verniel plaaslike owerhede

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die probleme met plaaslike regering word veroorsaak deur swak en onetiese leierskap, nie swak wette nie. Die organisasie sê in sy voorlegging oor die konsep-witskrif oor Plaaslike Regering dat korrupsie, politieke inmenging en ’n gebrek aan aanspreeklikheid wydverspreid is. Julius Kleynhans van Outa sê meer…
20 Jun 2025 12AM 1 min

Europese leiers vergader met Iran-owerhede

Brittanje se minister van Buitelandse Sake, David Lammy, ontmoet vandag sy Franse en Duitse ampsgenote, asook Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, in Switserland. Die doel is om ʼn diplomatieke manier te kry om Iran se kernprogram te bespreek. Die Europese Unie se hoof van buitelandse beleid, Kaja…
20 Jun 2025 12AM 1 min

VN gee N$32m vir biomassa werksgeleenthede onder die jeug

Die VN het voortgesette steun belowe om Namibië te help om jeugwerkloosheid aan te pak. VN-koördineerder Hopolang Phororo sê dat 32 miljoen Namibiese dollar reeds uit die Gesamentlike SDG-fonds gebruik word, met nog 'n voorstel van 18 miljoen dollar wat by die Wêreldbank onderweg is. Die fondse sal werkskepping in…
19 Jun 2025 11PM 1 min

Bibi het lof vir Trump wat hom 'ondersteun'

Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu het president Donald Trump geloof en sê Amerika help sy land baie met die konflik in Iran. Volgens berigte het Trump aanvalsplanne vir Iran nagegaan, maar wag om te sien of Teheran van sy kernprogram afsien. Netanyahu het gister die Soroka Mediese Sentrum in…
19 Jun 2025 11PM 1 min

Scheffler loop voor by Travelers

Die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler het 'n openingsronde van 62 aangeteken en is saam voor met sy Amerikaanse landgenoot Austin Eckroat by die Travelers-kampioenskap in Connecticut. Rory McIlroy van Noord-Ierland het ook goed begin en is twee houe agter, met ses onder, saam met die Amerikaners Keegan Bradley en Wyndham Clark…
19 Jun 2025 10PM 1 min

VF+ verwelkom sluiting van spazawinkels

Die Vryheidsfront Plus verwelkom die sluiting van ses spazawinkels deur die metropolisie in Ekurhuleni omdat hulle onder meer nie aan gesondheidsregulasies voldoen het nie. Die spazawinkels is in Alberton, Edenvale en Katlehong. Jennifer Glover van die VF Plus sê daar is nog baie meer spazawinkels in die metro wat nie…
19 Jun 2025 10PM 1 min

Etosha se grens is kritiek vir bewaring, boerdery

Omgewingsminister Indileni Daniel het onlangs verwys na 388 stuks vee wat tussen 2019 en 2024 deur roofdiere gevang is in bewareas wat aan die Etosha Nasionale Park grens. Sy het ook gesê die opknapping van Etosha se grensdraad moet teen 2030 voltooi wees. Werk aan die 824 kilometer lange heining…
19 Jun 2025 10PM 1 min

Kommer oor wetgewing vir olie-welvaartsfonds wat ontbreek

Die Welwitschia-fonds is in 2022 gestig om die welvaart wat uit die olie- en gassektor gegenereer sal word versigtig en deursigtig te bestuur. Hierdie soewereine welvaartsfonds het ten doel om inkomste vir toekomstige geslagte te beskerm en die ekonomie te stabiliseer in onstuimige tye. Wetgewing om die fonds te rig…
19 Jun 2025 9PM 1 min

DBV sê oor steel van honde vir kapana-bedryf

Plaaslike media berig van toenemende honde-diefstalle in Oshakati en omgewing, en dat die troeteldiere oop en bloot aan kapana-verkopers by die Oshakati-mark verkoop word. Die kapana-verkopers sê die vleis is baie gewild en hulle maak sowat 1 000 Namibiese dollar wins op 'n hond-karkas. Hulle koop die lewende honde vir…
19 Jun 2025 9PM 1 min

Oos-Kaapse oorstromings was katastrofies

Die Oos-Kaapse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Xolani Williams, het die onlangse vloede as katastrofies en ondenkbaar beskryf. Twee-en-neëntig sterftes is tot dusver bevestig, terwyl duisende mense dakloos gelaat is. Daar word verwag dat getalle sal styg terwyl soek- en reddingspogings voortduur. Williams het op 'n gedenkdiens in…
19 Jun 2025 8PM 1 min

Trump gee twee weke oor Iran-besluit

Amerikaanse president Donald Trump het 'n sperdatum van twee weke gestel om te besluit of die VSA by Israel se oorlog met Iran sal aansluit, wat tyd toelaat om 'n onderhandelde einde aan die konflik te kry. Die besluit om 'n venster vir diplomasie oop te laat, kom na Israel…
19 Jun 2025 8PM 1 min

Repokoers in lyn met alle tendense, sê ontleder

Nog reaksie word ontvang op die repokoers wat Woensdag onveranderd op 6,75 persent gelaat is. Beleggingsontleder Arney Tjaronda sê die besluit is in lyn met al die huidige neigings en tendense wat tans plaaslik, in die streek en internasionaal voorkom. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
19 Jun 2025 8AM 1 min

Kommer oor swart boere wat sukkel met toegang tot grond

Die African Farmers Association of South Africa in die Vrystaat is bekommerd oor swart boere se uitdagings om toegang tot grond te verkry. Die verklaring volg ná 'n grondgeskil in Hoopstad, waar 'n opkomende swart boer nie by staatsgrond wat deur die Departement van Water en Sanitasie bestuur word, ingesluit…
19 Jun 2025 8AM 1 min

N/a'an ku sê loop breëbors oor Neuras se wyne

Die besturende direkteur van N/a'an ku sê, Rudie van Vuuren, sê hulle is uiters trots op die prestasie van hulle Neuras Wyn- en Wildlandgoed. In ‘n mylpaal vir Namibië het al die wyne wat ingeskryf was by die International Challenge Gilbert & Gaillard 2025, een van die wêreld se mees…
19 Jun 2025 7AM 1 min

Toestemming nodig vir gronddamme, hoor NV

Die PDM-president McHenry Venaani het in die Nasionale Vergadering vrae aan eerste minister Elijah Ngurare gerig. Hy wou weet of daar 'n omgewingsimpak-studie gedoen is om te bepaal of gronddamme in die Cuvelai-gebiede wat vatbaar is vir vloede, gebou kan word. Landbouminister Inge Zaamwani het so geantwoord:
19 Jun 2025 7AM 1 min

ACC verduidelik ondersoek na onwettige medisyne-invoere

Die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao, het die Teenkorrupsie-kommmisise gevra om die beweerde onwettige invoer van medisyne en interne diefstalsindikate te ondersoek. Sy het ook 'n ondersoek na personeel by die Verpleegraad versoek. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die kommissie, Josephine Nghituwamata, gepraat vir meer inligting oor die…
19 Jun 2025 7AM 1 min
2060 – 2080