Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2080 – 2100

Regshulpsentrum sê oor aanhouding van jeugdiges

Die direkteur van die Regshulpsentrum, Toni Hancox, het haar stem bygevoeg by die gesprek oor aanhouding vir jeugdiges. Dit kom na die nuus van die ontsnapping en herarrestasie van 11 jeugdiges in die Noorde. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
19 Jun 2025 7AM 1 min

HyIron sê beleggings nodig vir groei

Die Statebond Besigheidsforum is tans in die hoofstad aan die gang. Die HyIron Oshivela span is teenwoordig en die maatskappy se besturende direkteur, Johannes Michels, het die uitdagings met vraag en voorsiening uitgelig. Hy sê hulle produksie volumes is steeds uiters laag en beleggings is nodig om produksie te verbeter.
19 Jun 2025 6AM 1 min

Rassie in sy skik met Bokke se voorbereiding

Rugby: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sê hulle voorbereiding vir volgende Saterdag se kragmeting met die Barbarians in Kaapstad vorder goed. Die Bokke is byna voltallig na die aankoms van die Bulle se spelers, Leinster se slot, RG Snyman, en Leicester Tigers se losskakel, Handré Pollard. Hulle was verlede naweek nog…
19 Jun 2025 6AM 1 min

Mediese fonds-lede moet jaar-vergadering bywoon: namfisa

Lede van geregistreerde mediese fondse word aangeraai om deel te neem aan jaarlikse vergaderings. Namfisa se uitvoerende hoofbeampte Kenneth Matomola het die kwessie geopper nadat verskeie jaarvergaderings swak bygewoon was. Kosmos 94.1 Nuus het met Victoria Raimond gepraat die woordvoerder van Namfisa wat die regulerende liggaam se kommer verder uitspreek.
19 Jun 2025 5AM 1 min

Maak plan teen hoër brandstofprys, vra Cosatu

Cosatu vra die regering om vinnig op te tree om ʼn brandstof-prysstyging in Julie af te weer. Die Sentrale Energiefonds se data in die middel van die maand toon ʼn skerp styging in wêreldwye oliepryse weens die oorlog in die Midde-Ooste wat die huidige verhaling in Suid-Afrika negatief raak. Cosatu-woordvoerder…
19 Jun 2025 5AM 1 min

DBV Otjiwarongo vir eers gesluit, sieklike diere van kant gemaak

Die komitee van die Dierebeskermingsvereniging het die skorsing van die Otjiwarongo-takbestuurder aangekondig hangende 'n interne ondersoek. Dit kom na daar blykbaar verskeie klagtes was. Ondersoek is deur die Windhoek-tak ingestel en die skorsing het gevolg. Dus, is die DBV-tak in Otjiwarongo tydelik gesluit. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Silke…
19 Jun 2025 3AM 1 min

Guterres het kommer oor Midde-Ooste

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het kommer uitgespreek oor die toenemende konflik tussen Israel en Iran. Die krisis het Vrydag ontstaan toe Israel kern- en militêre persele reg oor Iran aangeval het en Teheran wraakaanvalle op Israelse stede uitgevoer het. Meer as 500 mense is in albei lande…
19 Jun 2025 3AM 1 min

Johannesburg-tariewe styg skerp

Die Stad Johannesburg het die tariewe vir 2025/2026 goedgekeur wat volgende maand in werking tree. Die metro se nuwe tariewe beteken elektrisiteit kos 12,74-persent meer, water en riool styg met 13,9-persent, vullisverwydering met 6,6-persent en eiendomsbelasting met 4,6-persent. Die burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Margaret Arnolds, sê die tariewe is so saamgestel…
19 Jun 2025 3AM 1 min

Ekonoom sê oor IMF aanbevelings aan GRN

Reaksie word ontvang op die Internasionale Monetêre Fonds wat Namibië versoek om sy loonrekening te sny, staatsondernemings te hervorm en belastingstelsels te versterk om fiskale druk te verlig en groei te bevorder. Met groei wat tot 3,7 persent in 2024 gedaal het, het dit ook beter openbare besteding, belyning van…
19 Jun 2025 3AM 1 min

Shack Dwellers is deel van die Khomas-behuisingsplan

Die Shack Dwellers-federasie is deel van die planne van die Khomas-goewerneur, Sam Nujoma om 5 000 huise in die huidige jaar te bou en informele nedersettings te formaliseer. Die plan is reeds ingedien. Heinrich Amushila van die federasie het meer en sê die konstruksie van 500 van die huise sal…
19 Jun 2025 3AM 1 min

PDM wil weet van die regte van informele handelaars

Die PDM-LP Rosa Mbinge-Tjeundo het in die Nasionale Vergadering die stedelike en landelike ontwikkelingminister, James Sankwasa, uitgevra oor watter maatreëls geïmplementeer word om die menseregte van informele verkopers te beskerm. Dit geld veral vroue en die jeug, wat die meerderheid van die informele handelsektor uitmaak. Sy het kommer uitgespreek dat…
19 Jun 2025 2AM 1 min

DA verwerlkom vordering met gryslys-aksies

Die DA verwelkom die Finansiële Taakspan se eenparige besluit om Suid-Afrika se vordering op te gradeer om die laaste twee hervormings toe te pas wat nodig is om van die gryslys verwyder te word. Die land het al 22 aanbevole items van die aksieplan afgehandel. Suid-Afrika is op die gryslys…
19 Jun 2025 2AM 1 min

Registrasie van Yango, InDrive in Windhoek weer in die nuus

Die saamryplatforms Yango en InDrive is volgens die Windhoek Stadspolisie nie formeel as openbare vervoerverskaffers by die Stad geregistreer nie. Alle voertuie wat vervoerdienste teen betaling of vergoeding binne die stad aanbied, moet bedryfspermitte hê. Die eienaar van Lefa, Melkies Ausiku, sê egter aanlyn saamryplatforms is slegs 'n aanlyn bemarkingsplatform…
19 Jun 2025 1AM 1 min

Gallant sê dis VSA se plig om toe te tree

Die voormalige Israeliese verdedigingsminister Yoav Gallant sê Amerika het ‘n plig om toe te tree in sy land se oorlog teen Iran. Gallant sê Iran se kernwapen bedreig die sekuriteit van die hele gebied. Hy het met CNN gepraat.
19 Jun 2025 1AM 1 min

Iran het nie kernwapen-ontwikkeling nie - minister

Iran se diplomatieke sending by die Verenigde Nasies ontken president Donald Trump van Amerika se bewerings dat Iranse onderhandelaars die Withuis wil besoek. Die sending sê Iran onderhandel nie onder dwang nie, en sal nie vrede onder dwang aanvaar nie. Intussen het Rafael Grossi, die hoof van die Internasionale Atoomenergie-agentskap…
19 Jun 2025 12AM 1 min

G20: Cosatu vra raamwerk vir kritieke minerale

Die vakverbond Cosatu vra vir 'n G20 Raamwerk vir Kritieke Minerale wat gelykheid, volhoubaarheid en menseregte bevorder terwyl Suid-Afrika die G20-besprekings oor inklusiewe groei en groen industrialisering aanbied. Zanele Sabela van Cosatu vra plaaslike waardekettings, die skep van ordentlike mynbou, en versterkte bestuur, wat mynwerkers en gemeenskappe bevoordeel. Sy vra…
19 Jun 2025 12AM 1 min

Lüderitz gaan digitaal

Die Lüderitz-dorpsraad is besig om te digitaliseer om by te bly met ontwikkelings in die gebied. Die dorp is aan die voorpunt van olie- en gas-eksplorasie, sowel as sonkrag- en groenwaterstof-bedrywighede. Om hulle verder 'n hupstoot te gee het die dorpsraad nuwe sagteware in werking gestel. Lüderitz burgemeester Phil Balhao…
18 Jun 2025 11PM 1 min

SA-kleinhandel styg teenoor 2024

Statistieke Suid-Afrika sê kleinhandelverkope het in April met 5 persent gestyg vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Algemene handelaars het die meeste groei getoon met 'n styging van 5,3 persent, en kleinhandelaars in tekstiele, klerasie, skoeisel en leergoedere het met 12,5 persent gestyg. Raquel Floris van Statistieke SA sê verkope…
18 Jun 2025 11PM 1 min
2080 – 2100