Tydens 'n sitting van die Nasionale Vergadering het die IPC-LP Rodrick Likando die omgewingminister, Indileni Daniel, uitgevra oor die lang rye waarin toeriste by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe hulle bevind weens visumvertragings. Daniel gesê die kwessie is onder bespreking en dat die ministerie moontlike oplossings ondersoek om die wagtye…
Terwyl president Donald Trump die wêreld op sy tone hou en weier om te sê om hy Israel in sy oorlog en Iran sal bystaan, is die Republikeinse Party verdeeld oor of die VSA militêr betrokke moet raak. Oud-Fox aanbieder Tucker Carlson, een van Trump se grootste ondersteuners, het verras…
Reaksie word steeds ontvang oor die bek-en-klouseer by Karan Beef se Heidelberg-fasiliteit. Berigte dat die siekte ook by Karan se Nigel- en Albert Falls-voerkrale teenwoordig is, is nog nie bevestig nie. Karan Beef koop maandeliks duisende speenkalwers in Namibië, maar het vir eers die aankope gestaak. Kosmos 94.1 Nuus het…
Die langtermynvooruitsigte vir die Suid-Afrikaanse rand, en dus die Namibiese dollar, teenoor die Amerikaanse dollar bly versigtig optimisties. Analiste verwag die moontlikheid van een laaste fase van swakheid voor 'n moontlike ommekeer. Ten spyte van huidige druk, is die oortuiging dat die rand 'n verrassende en positiewe prestasie oor die…
Landbouminister Inge Zaamwani het in die Nasionale Vergadering gesê die ministerie bly daartoe verbind om die ommekeer en volhoubaarheid van Meatco te ondersteun. Dit kom na die skok-bedanking van Sakaria Nghikembua, die voorsitter van Meatco se direksie.,as gevolg van inmenging. Zaamwani sê haar ministerie het saam met die finansministerie en…
Namibië ervaar toenemende druk in sy diamantbedryf na die instelling van 'n Amerikaanse tarief van 21 persent op mineraaluitvoere, insluitend diamante. Die sektor, wat reeds sukkel met dalende pryse en mededinging van laboratorium gekweekte edelstene, het ‘n daling van die regering se inkomste van 6 miljard Namibiese dollar tot net…
Suid-Afrika se president Cyril Ramaphosa het, ter afsluiting van sy G7-besoek in Kanada, wêreldleiers gevra om befondsing vir die uitwerking van klimaatsverandering, soos vloede, voorop te stel. Hy het die land se Billike Energie-oordrag en gereedheid om die komende G20-beraad aan te bied, beklemtoon. Ramaphosa het die behoefte aan finansiële…
Die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad het die jongste vleispryse bekend gemaak. Ten spyte van die Karan Beef bek-en-klouseer voorval bly pryse redelik bestendig vanweë plaaslike verkope. Kosmos 94.1 Nuus het met Desmond Cloete, die raad se bemarkingsbestuurder, gesels.
Die opperleier van Iran, die Ayatollah Ali Khamenei, sê die land sal nooit oorgee soos wat president Donald Trump eis nie. Hy waarsku Amerika dat dit "onherstelbare skade" in die gesig staar as dit ingryp om Israel te ondersteun. Trump sê op sy beurt niemand weet of hy sal toelaat…
Krieket: Die Proteas se toetskaptein, Temba Bavuma, sê hulle het oorweldigende ondersteuning van Suid-Afrikaners ontvang na die oorwinning oor Australië in die Wêreldtoetskampioenskap. Hy het op die OR Tambo-lughawe in Gauteng gepraat met die span se terugkeer uit Engeland, waar hulle die eindstryd op Lord's in Londen gewen het. Hy…
Bipa het die Namibiese Konsepwetsontwerp op Kopiereg en Verwante Regte voorgestel, wat die instelling van 'n kopieregheffing voorstel as 'n moderne benadering om die uitdagings aan te spreek wat die ongemagtigde gebruik van kopieregbeskermde inhoud inhou. Hierdie heffing verseker dat kopiereghouers billik vergoed word. Kosmos 94.1 Nuus het met Albert…
Die AR-beweging parlementslid Tuhafeni Kalola het in die Nasionale Vergadering kennis gegee van 'n mosie oor die stemouderdom. AR-leier Job Amupanda vra al lank dat die stemouderdom van 18 jaar oud na 16 jaar verlaag moet word. Kalola is aan die woord.
Tydens 'n sitting van die Nasionale Vergadering het die Affirmative Respositioning-leier, Job Amupanda, die minister van gesondheid, Esperance Luvindao, gevra oor die beweerde onwettige invoer van medisyne deur die Walvisbaai-hawe. Hy het die gesondheidsraad daarvan beskuldig dat hulle lewens in gevaar stel. Lynminister Esperance Luvindao sê dat 'n vergadering met…
Die Europese Unie en Unicef het 24 miljoen Namibiese dollar geskenk om Namibië se droogtereaksie te ondersteun. Die bystand aangekondig sal 86 000 mense in erg geraakte streke help, wat toegang tot gesondheid, voeding, water, sanitasie en gesondheidsorg, en kinderbeskermingsdienste verbeter. Die ondersteuning is daarop gemik om gemeenskapsveerkragtigheid en rampvoorbereiding…
Statistiek Suid-Afrika sê inflasie het laasmaand onveranderd op 2,8-persent gebly ten spyte van stygende voedselpryse. Die grootste faktor was 'n 1,1-persent verhoging vir die maand in voedselpryse en nie-alkoholiese drankies. Die prys van beesvleis styg steeds as gevolg van die bek-en-klouseer-uitbreking, met biefstuk wat 4,5-persent in Mei gestyg het. Ricado…
Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê sy land sal bykomende sanksies teen Rusland instel wat 77 individue en 39 instellings insluit. Hy sal ook sanksies instel teen die handel van ʼn bykomende 201 vaartuie en verdere beperkings plaas op vaartuie wat deel is van Rusland se skadu-vloot. Carney sê…
Die Statebond Besigheidsforum vind tans in die hoofstad plaas. Dit is die eerste keer wat Namibië gasheer is. Die geleentheid duur tot 20 Junie. Die handelsminister Selma Ashipala-Musavyi, het in haar toespraak die hoop uitgespreek dat handel met die Statebond-lande werkloosheid in Namibië sal bekamp.
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die finale besluit om die Israelse ambassade in Suid-Afrika te sluit, word nog deur die kabinet verwerk. Die Parlement het die ambassade in 2023 afgegradeer weens Israel se voortdurende besetting van Palestynse gebiede. In reaksie op mondelinge vrae in die…
Die wêreld se vinnigste man, Usain Bolt, is amptelik benoem as ʼn Guinness-wêreldrekord-ikoon. Die voormalige Jamaikaanse naelloper is vereer vir sy prestasie in atletiek en omdat hy mense wêreldwyd inspireer. Sy 9,58-sekondes oor 100 meter is die vinnigste ter wêreld terwyl sy tyd van 9,63-sekondes op 2012 se Spele in…
18 Jun 2025 3AM
1 min
2100 – 2120
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.