Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2120 – 2140

Konskwente kommunikasie tussen regeringsentiteite kritiek

Tydens die Konferensie vir Regeringskommunikasiebeamptes in Rundu het die uitvoerende direkteur van die inligtingsministerie, Audrin Mathe, die behoefte aan gekoördineerde en konsekwente kommunikasie tussen alle regeringsentiteite beklemtoon. Hy het die lynministerie se rol in die leiding van inligtingsbestuur uitgelig en 'n beroep gedoen op sterker kommunikasiestrategieë, veral tydens krisisse. Doeltreffende,…
18 Jun 2025 3AM 1 min

Iran ontwikkel nie kernwapens nie, nes VSA-intelligensie gesê het

Iran se ambassadeur in die Verenigde Koninkryk, Seyed Ali Mousavi, hou vol sy land het geen voorneme om ʼn kernwapen te bou nie. Amerikaanse intelligensie-assesserings het gevind Iran is nie aktief besig om ʼn kernwapen te bou nie. Dit is in sterk teenstelling met Israel se mening dat Iran binnekort…
18 Jun 2025 3AM 1 min

Namibië bevestig eerste geval van hondsdolheid in rob

Namibië het sy eerste geval van hondsdolheid in 'n Kaapse pelsrob bevestig, luidens 'n verklaring van die landbouministerie. Die besmette rob is op 13 Junie by die Walvisbaai strandmeer gesien met simptome wat ooreenstem met hondsdolheid. Dit is kort daarna dood, en 'n monster wat van die karkas geneem is…
18 Jun 2025 3AM 1 min

Repokoers onveranderd, oor SARB

Die repokoers is vanoggend onveranderd gelaat op 6,75 persent. Die goewerneur van die sentrale bank, Johannes !Gawaxab het die redes daarvoor se verwoord.
18 Jun 2025 3AM 1 min

Vroue-regte bedroef, ten spyte van NNN en haar adjunk

Sister Namibia se redaktrise, Brigit Rudd het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor Forbes Africa wat berig dat Namibië Afrika se mees geslagsgelyke ekonomie is, met 'n gemiddelde van 81,1 persent van die geslagsgaping wat gesluit is. Die land is wêreldwyd agste geplaas in die 2025 Wêreld Ekonomiese Forum se…
18 Jun 2025 3AM 1 min

FNB skenk ruim in die Noorde

FNB Namibië het kos, toiletware en skoonmaakmiddels ter waarde van 50 000 Namibiese dollar per streek aan kwesbare gemeenskappe in Oshana, Ohangwena en Omusati geskenk. In Oshana sal ten minste 60 huishoudings en voorskoolse leerders in Oshakati, Ongwediva en Ondangwa baat vind. Die inisiatief vorm deel van FNB Namibië se…
18 Jun 2025 2AM 1 min

Oud-ombud sê oor tronke, aanhouding vir jeugdiges

Die 11 jeugdige voorverhoor-verdagtes wat uit die Oluno-korrektiewe fasiliteit in Ondangwa ontsnap het, waar hulle aangehou is vir ernstige misdade soos verkragting, veediefstal en huisbraak, het weer die kollig geskyn op die gebrek aan fasiliteite vir jeugoortreders. Die vyf Namibiërs en ses Angolese van tussen 14 en 17 jaar oud…
18 Jun 2025 1AM 1 min

Israel teiken uraan- en militêre fasiliteite in Iran

Die Israelse weermag sê hy het oornag 'n nuwe vlaag aanvalle op Iran se uraanproduksie- en missielvervaardigingsaanlegte uitgevoer. Van die geriewe wat geteiken is, is 'n monteeraanleg vir die vervaardiging van grond-tot-lugmissiele, 'n sentrifugeerdervervaardigingsaanleg en 'n opleidingsinstelling wat met die Revolusionêre Wagte verbind word. Sentrifugeerders word gebruik om uraan te…
18 Jun 2025 1AM 1 min

Cran beklemtoon belangrikheid van toegang tot inligting

Toegang tot inligting is ‘n basiese mensereg wat deursigtigheid, verantwoordbaarheid en openbare deelname bevorder. Dit bemagtig Jan Alleman en ondersteun ontwikkeling en versterk demokrasie. Cran, die plaaslike kommunikasie-owerheid sê dit is noodsaaklik vir inklusiewe besluitneming en is ver van net 'n modewoord. Jennifer Pogisho, die lynbestuurder by Cran, het meer.
18 Jun 2025 12AM 1 min

Outa eis moratorium op boetes met rybewyskaart agterstand

Die organisasie teen belastingmisbruik, doen 'n beroep op minister van Vervoer, Barbara Creecy om boetes vir mense wie se bestuuderslisensies vertraag word as gevolg van die nasionale agterstand, op te hef. Die agterstand van 700 000 kaarte is veroorsaak nadat die enigste lisensiedrukker-masjien in die land gebreek het. Stefanie Fick…
18 Jun 2025 12AM 1 min

Ramaphosa sê G7 was betekenisvol

President Cyril Ramaphosa sê die G7-beraad in Kanada was betekenisvol, veral vir Suid-Afrika wat president van die G20 is. Onder Suid-Afrika se G20-presidentskap is pogings aangewend om die G7 se doelwitte en agenda in ooreenstemming met dié van die G20 te kry. Ramaphosa sê hulle soek groter samewerking in areas…
17 Jun 2025 11PM 1 min

Gaza: 59 kossoekers dood na IDF tenks afvuur

Minstens 59 mense is dood na Israeliese tenks in 'n skare in Khan Younis in Gaza afgevuur het wat probeer het om meel van vragmotors te kry. Dit was een van die bloedigste voorvalle sover in die toenemende geweld, terwyl desperate inwoners sukkel om kos in die hande te kry…
17 Jun 2025 11PM 1 min

ActionSA sê GNU verdien nie slaagsyfer nie

Dereleen James van ActionSA sê die regering van nasionale eenheid het nie wet en orde gevestig nie, en dus verdien hy nie 'n slaagsyfer nie. Sy het in 'n oorsig van die RNE se eerste jaar gesê meer as 5 000 mense is vermoor en meer as 13 000 seksuele…
17 Jun 2025 10PM 1 min

Klein-dwelmsmouse help om grotes te vang

Reaksie word ontvang op kritiek dat die polisie meer gereeld klein dwelmhandelaars vang. Dit was veral die geval oor die afgelope naweek met beslagleggings wat oor die algemeen klein was. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die oud-NamPol dwelmhoof, Hermie van Zyl, wat sê die klein outjies lei tot die…
17 Jun 2025 10PM 1 min

Meatco-voorsitter bedank, sê inmenging die oorsaak

Meatco is weer in chaos gedompel. Die voorsitter van die direksie, Sakaria Nghikembua, het sy bedanking by die maatskappy bevestig en verwys na inmenging en pogings om die direksie te dwing om onwettige opdragte te laat implementeer. In April, net 'n week nadat die nuwe regering aan bewind gekom het,…
17 Jun 2025 10PM 1 min

NLU werk reeds aan koolstofkrediet-deelname vir plaaslike boere

Boere verdien miljoene in Suid-Afrika deur klimaatsvriendelike praktyke en deur handel in koolstofkrediete. 'n Program wat volhoubare boerdery beloon, AgriCarbon, het in die eerste ronde bykans 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan boere uitbetaal wat vrystellings verlaag deur metodes soos min- of deklaagbewerking. Die inisiatief help boere om klimaatsverandering te pak…
17 Jun 2025 9PM 1 min

Ekonoom sê oor impak van EU-gryslys notering van Namibië

Die Europese Unie het Namibië by sy lys van hoërisiko-jurisdiksies, algemeen bekend as die gryslys, gevoeg. Hierdie besluit stem ooreen met die Finansiële Aksietaakmag wat Namibië in Februarie 2024 op sy gryslys geplaas het weens kommer oor die land se implementering van maatreëls teen geldwassery, die bekamping van die finansiering…
17 Jun 2025 9PM 1 min

Nog twee Karan-voerkrale bevestig bek-en-klouseer

Die buurland se rooivleisbedryf het nog ‘n hou gekry. Karan Beef se Nigel-voerkraal in Gauteng en sy Albert Falls-voerkraal in KwaZulu-Natal het nou ook positief getoets vir bek-en-klouseer. Dit kom slegs weke nadat die maatskappy se massiewe en uiters bioseker Heidelberg-voerkraal in Gauteng positief vir dié siekte getoets het. Die…
17 Jun 2025 9PM 1 min
2120 – 2140