Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2140 – 2160

GNU het misluk - ActionSA

ActionSA sê die regering van nasionale eenheid kon in die jaar sedert sy totstandkoming nie daarin slaag om sy beloftes na te kom nie. Michael Beaumont van ActionSA sê die regering kort 'n duidelike agenda van hervormings. Hy noem dit 'n Instagram-administrasie wat meer fokus op openbare betrekkinge as om…
17 Jun 2025 8PM 1 min

Iran-oorlog: Wat gaan Trump doen?

Amerikaanse president Donald Trump het op sosiale media gesê die VSA weet waar Iran se opperleier, die ajatolla Ali Khamenei, hom bevind en hy is 'n maklike teiken, maar sal hom nie doodmaak nie - nie nou nie. Hy het gevra vir Iran se onvoorwaardelike oorgawe en gesê geduld raak…
17 Jun 2025 8PM 1 min

Tradisionele snydokters streng gekeur voor inisiasie-seisoen

Die gesamentlike Departement van Regering en Tradisionele Sake in Limpopo het 'n streng keuringsproses vir tradisionele snydokters en operateurs ingestel voor die 2025 insiasie-seisoen. Die LUR van die departement in Limpopo, Basikopo Makamu, sê 529 aansoeke is goedgekeur en 40 is afgekeur. Hy sê die proses sluit in die nagaan…
17 Jun 2025 8AM 1 min

Trump soek 'ware einde' aan kern-dispuut met Iran

Amerikaanse president Donald Trump sê hy soek nie 'n wapenstilstand tussen Israel en Iran nie, maar 'n ware einde aan die kern-dispuut met Iran. Hy het ook aangedui dat hy dalk senior amptenare sal stuur om met Iran te ontmoet. Trump voorspel dat Israel nie sy aanvalle op Iran sal…
17 Jun 2025 8AM 1 min

Trump soek 'ware einde' aan kern-dispuut met Iran

Amerikaanse president Donald Trump sê hy soek nie 'n wapenstilstand tussen Israel en Iran nie, maar 'n ware einde aan die kern-dispuut met Iran. Hy het ook aangedui dat hy dalk senior amptenare sal stuur om met Iran te ontmoet. Trump voorspel dat Israel nie sy aanvalle op Iran sal…
17 Jun 2025 8AM 1 min

Kanker-oorlewendes hierdie maand gevier

Junie is Nasionale Kanker-oorlewendesmaand, wat wêreldwyd toegewy word aan die krag en veerkragtigheid van miljoene wat die siekte oorkom het. Dit skyn ook die kollig op die voortgesette vooruitgang in kankerversorging en die groeiende fokus op die verbetering van lewensgehalte vir oorlewendes. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Rolf Hansen,…
17 Jun 2025 7AM 1 min

Word prettig fiks by die Clausthaler Finkenstein Trail Run!

Hier is ‘n wonderlike geleentheid om fiks en gesond te bly en terselftertyd ‘n bietjie pret in die natuur te geniet. Die Clausthaler Finkenstein Trail Run op 21 Junie is oop vir hardlopers van alle vlakke en vermoëns by die Finkenstein-landgoed. Registrasie open om 08:00, met die wedloop wat om…
17 Jun 2025 7AM 1 min

Kiesers stroom glo nie na tussenverkiesing-stembusse

Die tussenverkiesings in vyf streeks-kiesafdelings is aan die gang, maar dit lyk nie of daar 'n toestroming na die stembusse is nie. Die verkiesing is om posisies binne 90 dae te vul wat vakant geword het toe politieke leiers hul plekke in die Nasionale Vergadering ingeneem het, volgens die wet…
17 Jun 2025 7AM 1 min

Publiek 'het hand in swak plaaslike owerhede'

Die adjunk-ouditeur-generaal, Goms Menette, het die verslegtende situasie by meeste plaaslike owerhede onderstreep na 'n vergadering met die Nasionale Raad se Komitee vir Openbare Rekeninge en Ekonomie. Kosmos 94.1 Nuus het met regeringskenner, dr. Marius Kudumo gepraat wat sê inwoners het ook 'n rol te speel hierin.
17 Jun 2025 7AM 1 min

Grond-beskerming en -herlewing krities vir toekoms

Vandag is Wêrelddag vir die Bekamping van Woestynvorming en Droogte, herdenk by die Omusati-streeksraadsaal in Outapi onder die tema "Herstel die land. Ontsluit geleenthede." Die geleentheid beklemtoon die dringende behoefte om Namibië se grond te beskerm en te laat herleef vir 'n meer veerkragtige en voorspoedige toekoms. Selma Asino, die…
17 Jun 2025 7AM 1 min

Sundowns sien uit na 'toets' van Klub-Wêreldbekertoernooi

Sokker: Mamelodi Sundowns se afrigter, Miguel Cardoso, glo die Klub-Wêreldbekertoernooi in Amerika is die ideale vlak om hulself te toets. Sundowns is in Groep F saam met Ulsan HD van Suid-Korea, die agtmalige Bundesliga-kampioen, Borussia Dortmund, en Fluminense van Brasilië. Hulle skop hul veldtog môre teen Ulsan af. Cardoso sê…
17 Jun 2025 6AM 1 min

Inflasie lyk goed, maar daar's globale gevare

Ten spyte daarvan dat Namibië se hooflyninflasie relatief stabiel vertoon in vergelyking met die buurlande, is die land steeds onderhewig aan globale ekonomiese bewegings weens sy groot invoere. Voorspellings is dat plaaslike inflasie vanjaar stabiel sal bly tussen 3,4 persent en 3,6 persent, afhangende van vyandighede tussen Iran en Israel…
17 Jun 2025 6AM 1 min

Gemeenskapsaktivis kap Stad Windhoek, ECB oor 'samewerking'

Indien die Stad Windhoek se voorgestelde kragtarief-verhoging van 4 persent vir 2025/26 toegestaan word, sal residensiële kliënte 3 persent meer betaal vir krag en pensioenarisse 1 persent meer. Dit beteken dat 100 Namibiese dollar 38,46 eenhede elektrisiteit sal koop, teenoor die ongeveer 40 eenhede wat dit tans koop. Dit kom…
17 Jun 2025 6AM 1 min

DA betreur miljoene SA jeug sonder werk, studies

Die DA-leier John Steenhuisen sê dit is 'n nasionale tragedie dat meer as 8,7-miljoen jongmense nie deel is van die arbeidsmag, onderwys of opleiding nie. Hy het Jeugdag in Mbombela, Mpumalanga, herdenk waar hy die party se planne om jeugwerkloosheid te beveg, uiteengesit het. Steenhuisen sê vanuit die regering kan…
17 Jun 2025 6AM 1 min

Soektog na vermistes duur voort in Oos-Kaap

Die Oos-Kaapse regering vra gemeenskapslede om te midde van die stygende dodetal na die onlangse vloed, na vore te kom met inligting oor vermiste geliefdes. 'n Woordvoerder vir die Provinsiale Regering, Khuselwa Rantjie, sê soektogte sal voortduur tot almal gevind is. Sy het die behoefte aan 'n behoorlike stelsels beklemtoon…
17 Jun 2025 3AM 1 min

Forbes sê dalk Namibië is geslagsgelyk, maar...

Forbes Africa berig dat Namibië Afrika se mees geslagsgelyke ekonomie is, met 'n gemiddelde van 81,1 persent van die geslagsgaping wat gesluit is. Die land is wêreldwyd agste geplaas in die 2025 Wêreld Ekonomiese Forum se Geslagsgapingsverslag. In 'n historiese eerste vir Afrika is beide Namibië se president en vise-president…
17 Jun 2025 3AM 1 min

Onderwys: Verminder begroting, gee koopbewyse aan ouers

Die regering het sowat 24,8 miljard Namibiese dollar begroot vir onderwys in die 2025/26 finansiële jaar. Dit is al lank die norm dat die lynministerie een van die grootste begrotings toegewys word. Die portefeulje vir onderwys is ook vanjaar heelwat groter. In Suid-Afrika het professor William Gumede in 'n onderhoud…
17 Jun 2025 3AM 1 min

Mej. Namibië wen 'n huis, met meubels

Die Mej. Namibië 2025-wenner sal 'n volledig gemeubileerde huis ontvang, danksy 'n nuwe vennootskap tussen die NBC, die Mej. Namibië-organisasie en die Nasionale Behuisingsonderneming. Die ooreenkoms, wat van Junie vanjaar tot Junie 2028 geldig is, sluit twee huise per jaar in – een vir Mej. Namibië en een vir NBC…
17 Jun 2025 3AM 1 min
2140 – 2160