Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2160 – 2180

O&L Leisure verkry Le Mirage, Divava

O&L Leisure het Le Mirage in Sossusvlei en Divava Lodge aan die Kavangorivier verkry, hangende goedkeuring van die Namibiese Mededingingskommissie. Die verkryging ondersteun O&L se Visie 2029 en skep 'n naatlose, luukse reiskring wat Namibië se natuurlike skoonheid en kulturele erfenis beklemtoon. Kosmos 94.1 Nuus het met die groep se…
17 Jun 2025 3AM 1 min

Erfenisterreine uiters belangrik vir toerisme

Die Nasionale Erfenisraad stel voor dat drie nuwe terreine erfenisstatus kry. TimBila-natuurreservaat met ou rotstekeninge en skaars spesies, die saal van die Ongwediva Onderwyskollege as simbool van opvoeding, en die historiese Abenab-myn naby Grootfontein. Die publiek kan kommentaar lewer voor aanbevelings binne twee maande aan die minister voorgehou word. Kosmos…
17 Jun 2025 2AM 1 min

SAPD se kinderplan word swak geïmplementeer

Die polisie se hersiene plan van optrede oor geslagsgeweld en moord op vroue, is skerp gekritiseer in 'n gesamentlike vergadering van die Parlement se Portefeuljekomitee oor Polisie en Vroue, Jeug en Gestremdes. Die plan is in Januarie opgestel en fokus op die versterking van die voorste linie-dienste en vestiging van…
17 Jun 2025 2AM 1 min

SA-jeug: GOOD eis beslissende optrede

Die GOOD Party het sy beroep op die regering herhaal om in plaas van leë toesprake beslissend op te tree in belang van Suid-Afrika se jeug. Die nasionale jeugvoorsitter, Kaden Arguile, sê implementering is noodsaaklik. Hy vra onmiddellike fokus op onderwys, industrialisering, digitale toegang en infrastruktuur. Arguile beklemtoon ook dat…
17 Jun 2025 1AM 1 min

Langer Heinrich help CAN met borskankerkliniek in Swakopmund

Die Kankervereniging van Namibië en sy vennote het onlangs 'n nuwe kliniek vir borskanker-pasiënte by die Swakopmund Privaat-hospitaal oopgemaak. Die kliniek word ondersteun deur die Langer Heinrich-uraanmyn en die gesondheidministerie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sanet de Waal, die Kankervereniging se hoof in die Erongo-streek.
17 Jun 2025 1AM 1 min

Vroue moet Namibiese mynwese betree

Mynwese word steeds deur die manlike geslag oorheers en gedurende die internasionale herdenking van ‘vroue in mynwese’ het die Namibiese regering 'n mentorskapsprogram geloods vir vroue wat in mynwese werksaam is. Die uitvoerende direkteur van die lynministerie, Ben Nangombe, sê vroue se uitlating uit die bedryf het niks met vaardighede…
17 Jun 2025 12AM 1 min

Brad Pitt se F1 The Movie maak debuut

Die lang verwagte sport-aksiefliek, F1 The Movie, het gister sy debuut op Times Square in New York-stad gemaak. Die fliek vertel die storie van ʼn gewese F1-renjaer, Sonny Hayes vertolk deur Brad Pitt, wat ʼn terugkeer maak om saam met sy nuweling-spanmaat, Joshua Pearce gespeel deur Damson Idris, te jaag…
17 Jun 2025 12AM 1 min

Oos-Kaapse dodetal styg tot 90, waaronder 30 kinders

Die dodetal in die Oos-Kaapse oorstromings het tot 90 gestyg en sluit 30 kinders in. Lykskouings is afgehandel en 80 liggame is positief geïdentifiseer, terwyl 77 liggame aan families oorhandig is. Die oorstromings het infrastruktuur beskadig, wat 58 skole en 20 mediese sentrums insluit. Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi…
16 Jun 2025 11PM 1 min

Iran sê aanval op staatsuitsaaier is oorlogmisdaad

Iran het Israel se aanval op sy staatstelevisiekanaal, IRINN, veroordeel en ʼn oorlogsmisdaad genoem. Die aanval het tydens ʼn regstreekse uitsending plaasgevind en die nuusleser genoop om na talle ontploffings te gaan wegkruip. Die Israelse weermag sê die Iranse weermag het die gebou se infrastruktuur en bates onder die dekmantel…
16 Jun 2025 11PM 1 min

Daar’s geen volksmoord in SA nie - Malema

EFF-leier Julius Malema het weer bewerings van 'n wit volksmoord in Suid-Afrika veroordeel. President Donald Trump van Amerika het verlede maand tydens sy ontmoeting met president Ramaphosa gesê Malema moet gearresteer word en hom beskuldig dat hy geweld teen wit boere in die land aanhits. Malema het gister tydens ʼn…
16 Jun 2025 10PM 1 min

Dank hoofde van owerhede wat nie presteer nie, af

Die kantoor van die ouditeur-generaal het met die Komitee vir Openbare Rekeninge en Ekonomie van die Nasionale Raad vergader om ouditverslae van plaaslike owerhede en streeksrade te hersien, veral die met negatiewe ouditmenings. Die adjunk-ouditeur-generaal, Goms Menette set die haglike situasie by plaaslike owerhede uitgelig.
16 Jun 2025 10PM 1 min

Pasiënte tans sieker met RSV as Covid se Nimbus-variant

'n Nuwe Covid-19-variant, Nimbus, versprei vinnig in die VSA, Asië en Europa en word deur die Wêreldgesondheidsorganisasie gemonitor weens hoë oordraagbaarheid en nuwe mutasies. Namibiërs word gewaarsku om te waak teen infeksie, al is hulle ingeënt. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Willie Bruwer, 'n bekende longspesialis van Windhoek,…
16 Jun 2025 10PM 1 min

LAC reageer op meningsartikel oor in-situ-loging

'n Meningsartikel wat onlangs in die media gepubliseer is, bevorder Uranium One se in-situ-herstel uraan-mynbouprojek in Leonardville en noem dit veilig en voordelig. Dit het kundiges en die Regshulpsentrum aangespoor om kommer uit te spreek dat die artikel wetenskaplik ongegronde aansprake maak. Dit maak ook ernstige omgewings- en gesondheidsrisiko's af,…
16 Jun 2025 9PM 1 min

Gesprek oor gewenning van roofdiere in ongerepte gebiede

Tosco, die organisasie vir toerismeondersteunende bewaring, sal op 20 Junie 'n openbare bespreking oor Toerisme in die Ongerepte Natuur aanbied. Lara Potma, die besturende direkteur by Tosco sê die onlangse ontydige dood van Bernd Kebbel het die behoefte aan die gesprek aangewakker. Potma het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor…
16 Jun 2025 9PM 1 min

NVG appelleer teen uitspraak oor Ace se assistent in asbessaak

Die Nasionale Vervolgingsgesag gaan die Appèlhof nader nadat regter Phillip Loubser hul aansoek in die Vrystaatse hoërhof om teen 'n uitspraak te appelleer, van die hand gewys het. Dit staan in verband met die onwettige uitlewering van Ace Magashule se voormalige persoonlike assistent, Moroadi Cholota. Cholota is uitgelewer om te…
16 Jun 2025 8PM 1 min

Boelter het 'n teikenlys van 45 name gehad

Vance Boelter, wat aangekla is van moord op die Minnesota Demokratiese wetgewer Melissa Hortman en haar man Mark, en poging tot moord op Demokratiese senator John Hoffman en sy vrou Yvette, het veel meer moorde beplan, volgens federale owerhede. Die misdade is in dorpies net buite Minneapolis gepleeg. Na die…
16 Jun 2025 8PM 1 min

Span na Opuwo gestuur oor cholera-gevalle

Die gesondheidsministerie het ‘n span ontplooi na Opuwo na die bevestiging van cholera op die dorp. Dit volg ná twee kinders uit dieselfde huishouding vroeër vandeesweek met cholera-simptome in die distrikshospitaal opgeneem is. Een van die kinders is dood en voorlopige laboratoriumtoetste het cholera bevestig. Walters Kamaya, segsman by die…
16 Jun 2025 8AM 1 min

SA kort leierskap, nie nasionale dialoog: FOSA

Die Forum for South Africa het die konsep van 'n Nasionale Dialoog gekritiseer en sê dit lei die aandag af van dringende kwessies soos misdaad, werkloosheid en korrupsie. Die FOSA-woordvoerder Tebogo Mashilompane sê die land het nie dialoog nodig nie, maar besliste leierskap en aksie. Mashilompane sê daar is bestaande…
16 Jun 2025 8AM 1 min

Hou toesig oor kinders by water, pleit owerhede

Die skoolvakansie het begin en met baie families by die kus, doen owerhede 'n beroep op waaksaamheid. Ouers word veral versoek om nie kinders strand toe te laat gaan sonder volwasse toesig nie, veral in gebiede sonder lewensredders. Die publiek word ook daaraan herinner om verdrinkingsvoorkoming en waterveiligheidsopvoeding ernstig op…
16 Jun 2025 8AM 1 min
2160 – 2180